Profile
Blog
Photos
Videos
I will start with the night before...
Daniel en my broer het by die Greyhound gaan slaap. Ek en my het by my huis geslaap. Laat die aand het ek n boodskap gekry van Hannah om te se dat sy nie meer die troue sal kan bywoon nie tot dan was alles fyn pikkewyn. Na dit kon ek nie meer slaap nie. Ses uur die volgende oggend het veels te vroeg om gekom. My hare en grimmeering was eerste. Die girl het van Wallington gekom, sy was baie goed en het my make up pragtig gedoen in skakeurings van goud. Ongelukkig was die fotograaf nie so goed nie en hy het nie regtig veel close up fotos geneem nie.
Terwyl ek van die fotograaf praat sal ek sy hele storie vertel. Ek het n fotograaf geosek wat goedkoop is en meer die fotos wil neem om sy portfolio op te bou. In London is daar baie fotograwe so dit was nie die probleem nie, die probleem is om iemand goed te vind. Die ou het n baie goeie website gehad met klomp fotos op van christenings, portraits en ander goed wat hy al afgeneem het. Ons het hom voor die tyd vir n drink ontmoet en hy het heel ordentilik gelyk en al die regte goed gese, min het ons geweet, want op die dag was hy maar vrot. Hy het nie regtig baie fotos geneem nie en selfs die registry vrou was soos wil jy nog fotos neem van die bruidspaar. Hy email toe later die week en vra of hy sommer die CD met die fotos kan pos...mmm Die fotos kom toe n ruk later en dit is waar ons sien die ou is nie eintlik n fotograaf nie. Gelukkig was Dalton daar met sy kamera. Hy is nie n fotograaf nie maar sy fotos was wonderlik. Ons het na die reception na die parkie/ponds in Carshalton gegaan en nog fotos geneem. Dit is van my favouriteste foto's.
Terug by die troue. Ons moes vinnig klaar maak want half pad deur die make up en hare klop die black cab driver. Ons spring toe vinnig in ons trou klere. Teen die tyd was Chantelle ook al hier. Al die mans het die trein ingevat stad toe. Ons is toe in die black cab en het my blomme gaan optel. Die pink hydrangea was pragtig. Dit was soos n groot pink bal. Daarna het ons begin ry. Die ou was baie nice, ons het hom oor die cruise vertel vir die honeymoon en hy het toevalig n similiar cruise gedoen onlangs. Toe ons in Marelybone kom was die fotograaf buite besig om foto's te neem. Ons het deur gegaan na die pre registery kamer waar ek vir Daniel vir die eerste keer gesien het. Hulle vra mens eers vrae apart en dan saam en n mens moet n paar goed teken.
Daarna het die musiek begin speel. Ek moes stadig terug tel van 10 en begin loop. Die seromonie was mooi (short en sweet) en binne 30 minute was ons getroud en al die registers geteken. Nou nog as ek die liedjie hoor wat ek mee ingeloop het dink ek aan die troue. Daarna het ek en Daniel vir die sertifikate betaal en die mense het op die trappe voor gewag vir ons. My ma en Shaun was die witnesses. Ons het toe by die trappe afgeloop en die gaste en lavender as confetti gebruik. Nog n paar foto's later en ons het oor gestap na die hotel. Ons het by die Winter Garden Restaurant geeet. Die kos was baie lekker. Ek het vis en tjips geeet vir my main en pink champagne. Daar was net n paar gaste: My ma, Shaun, Diane my maatjie, Emma Daniel se maatjie en Chantelle en Dalton. Die troue was klein maar ek dit wonderlik om uiteindelik getroud te wees. Ek skryf die blog n jaar later ek kan nie meer al die details onthou nie net die highlights van die troue maar ek weet n jaar later is ons nog gelukkig getroud en verwag nou ons eerste babatjie.
Daarna het Chantelle, Dalton, Shaun, my ma, Daniel en ek almal in n gewone taxi geklim terug Carshalton toe. Die ou het soos n maniak gery. Arme Dalton was so kar siek. Toe hy ons aflaai het ons na die parkie gegaan en nog fotos geneem. Toe ons almal by die huis kom wou ek nie my trou rok uittrek nie. Ek was nognooit iemand wat aan alles vas klou nie en het nooit gedink ek sal my trou rok wil hou nie maar die dag het so vinnig verby gegaan ek wou net in my trou rok bly.
Die troue was baie klein en baie van ons familie en vriende kon nie daar gewees het nie want dit was te ver. Dit is die tye wanneer mens regtig besef dat n mens mense die meeste mis. Ek sal altyd bly wees dat ons wel getrou het daai dag want ons was vir meer as 2 jaar al verloof en daar was net nie n plan vir almal sou gewerk het nie. Daar is iets spesiaal om getroud te wees, ek weet net nie presies wat dit is nie.
Ons was Augustus saam terug SA toe en ek het my trou pand gekry. Dit is n eternity ring. Daniel se hy hoef nou vir 15 jaar nie jewellery te koop nie want daar is n diamant vir elke jaar wat ek n goeie vrou is.
- comments