Profile
Blog
Photos
Videos
Hi almal!
Ons het besluit om vir oulaas weg te gaan voor die babatjie kom, terwyl dit nog maklik is om sakke te pak en nie soos twee pakosse try sightseeing doen nie.
Vrydagoggend moes ons vroeg opstaan vir die laaste scan. Die babatjie is huge. Hy weeg al oor 2,7kg en is baie lank, so hulle reken dit gaan n groot babatjie wees want hy moet nog sy gewig verdubbel in die laaste maand - yikes! Mens kon sien hoe die bene in sy vingers al dikker/breeer geword het van die eerste scan wat nogals cool is. Sy kop en pens is ook huge in die foto's maar ons het natuurlik besluit om nie die geslag uit te vind nie. Hulle was ook happy dat die placenta nou opgeskuif het.
Na die scan het ons vinnig huis toe gery en gepak vir die langnaweek. Ons het was altwee so bietjie oormoeg want die vorige aand was ons laaste NCT klas gewees tot laat. Elkgeval gepak en reg om te gaan het ons begin ry. Alhoewel dit so 3 ure is van London het dit langer gevat oor die verkeer. Ons het ook n paar keer gestop om te strek. Die verkeer om Stonehenge was hectic bumper to bumper vir 3 myl. Dit is letterlik 45minute gevat om 3 myl te ry. Die scenery was baie mooi gewees. Daar is meer valleys en hills.
High Beeches (b&b) was net buite die stad. Die straatjie wat oplei na die b&b is op n heuwel met sulke monster potholes. Toe kom dit by die parkeering. Seriously man dit is dodgy 5 karre in die tinyste spasie. Daniel het sommer in die straat gepark want die parking was tight. Ons het getry inbook maar was te vroeg so moes bietjie gaan rondloop tot 6uur toe. Die stad het heel wat verander van die laaste keer wat ek daar was. Hulle het nou die hele middelstad/dorp n pedestrian area gemaak wat baie goed werk. Alhoewel hulle dit n mall noem is al die winkels buite wat bietjie weird was. Ons het lunch geeet by Nando's en bietjie rondgeloop en ons self georientate waar ons oralste wil gaan die volgende dag. Ons was so hond moeg en het net by die b&b ingebook en later sainsbury's toe gestap en n pie gekoop vir dinner.
Al die huise en geboue is van die mooi geel steen gebou. Dit maak die hele dorp baie mooi lyk. Die steen is ook baie groter as n baksteen. Tot die goedkoopste geboue is/was met die mooi geel steen gebou.
Saterdag was die main dag en ons het nie n oomblik stil gesit nie. Ons het weer die kar gepark en besluit ons gaan oralste toe loop. Ons het by die Roman Baths begin. Dit het baie verander van dat ek laas daar was. N mens kan nou bo op die terrace staan en af kyk op die groot bad. Hulle het ook baie meer van die ou square geexcavate. Dit is darem wonderlik hoe die mense in daai tyd geweet het hoe om underfloor heating te maak en die drainage te doen. Daniel se die rede hoekom hy dink hulle so gepeg is was oordat letterlik alles was uit lood gemaak selfs papier. Nog n funny ding was dat van die coins wat die mense in die water gegooi het was fake - counterfitting is nie n nuwe ding nie! Ons het n paar uur daar binne gespandeer en rond geloop. Mens kan van die water proe op die einde, dit proe warm en bietjie mineraalerig bietjie soos brakwater. Ons het sommer by die Roman Baths se restaurant geeet wat baie lekker was. Ek het n mushroom sop geeet en dit het met anys croutons gekom. Ek is nie n groot fan van anys nie maar anys is baie lekker. Daar was n baie nice vibe want daar was n pianist wat klavier gespeel het. Ons het rooibos tee gedrink want jy kry fudge met dit. Natuurlik vergeet hulle toe ons fudge maar Daniel het vinnig gevra vir die fudge. Al hulle kos was baie lekker. Van die mense was besig om afternoon tea te drink en ek moet se dit lyk soos n nice plek om so iets te doen. Die restaurant self is nie fancy nie maar die kos is baie lekker.
Daarna het ons probeer na die Abbey gaan, maar daar was n troue aan so ons het besluit om bietjie te stap en opgeloop na die die Circus (ek dink mens noem dit net circus). Dit is maar net n klomp huise om n sirkel gras met n groot boom in die middel. Mooi maar nou nie iets wat ek sal oor worry om weer te sien nie. Toe stap ons aan na die Royal Crescent. Die hele gebou is crescent shape met n groot park voor die Royal Crescent. Die Royal Crescent is bo op die berg so ons rustig begin weer afstap deur al die tuine en parke en toe eventually deur al die shopping straatjies. Die straatjies is baie oulik met klomp boutique winkels en baie nice looking coffee shops. Ons het nie regtig ingegaan nie want dit was al laat en ons wou nog die kerk sien. Terwyl ons afgestap het het ons die kerk klokke gehoor wat bedoel dit was die einde van die troue. Hulle het gese ons moet nog 20 minute wag dat hulle die kerk reg kon kry. Ons besluit toe om roomys te gaan eet en het lekker in die sonnetjie in die square gesit en na die musikante geluister. Dit het gevoel of ek terug in Italie was. Dit was so n mooi dag en seker die eerste keer in n goeie paar weke wat die son actually geskyn het. Daarna het ons deur die Abbey gestap. Die koor was besig om hulle evening prayer song te oefen want dit is nogsteeds n gebruikte kerk wat nogals cool was. Ek het in een van die pews gaan sit want ek was so moeg en dit was so weird want die grond wat nogsteeds die ou oud en mens kan letterlik die vibrasies van die sing deur mens se voete voel. Die babatjie het ook baie van die musiek gehou, ek dink dit is redelik hard en acoustics is mos so goed in die ou kerke.
Na die kerk het ons vinnig na die Weir gestap. Dit is soos trappe in die rivier gebou. Baie mooi om na te kyk. Daarna was ons terug b&b toe en het klomp lugballone sien sweef in die lug. Dit was so n lekker sonskyn dag. Later so 9 uur se kant weer uitgegaan vir aandete. Ons het by n vis restuarant geeet Loch Gyln ( so iets). Daniel het seafood tangatellie bestel wat samphire ingehad het, ons het eers gedog dit is asparagas maar lyk my dit is so cross tussen n seaweed en seagrass. Dit proe nie te bad nie. Het oorweeg om dit in my tuintjie te groei in die toekoms.
Die volgende oggend het ons net ontbyt geeet en begin terug ry huis toe. Die trip huis toe was verbasend vinnig so ons het nog die heel middag gehad by die huis was nice was.
Alhoewel ons die vrydag n bietjie moeg was en gereeld moes stop vir breaks was dit baie lekker om net n bietjie weg te kom van London. Dit was Daniel se eerste trip daarnatoe en ons laaste trip voor die babatjie. Dit was seker een van die rustiger trips maar baie relaxing.
- comments