Profile
Blog
Photos
Videos
Het laas saterdag (n week terug) Bournemouth toe gegaan met Daniel. Het op die 8 uur trein van waterloo geklim, dit vat so 2 ure om daar te kom. Ons het afgestap na die strand toe n hele entjie, maar was dit die moeite werd. 'n Strand soos in sa met sand en branders nie baie groot branders nie maar daar was branders. Ek was so gelukkig daar en dit het net beter en beter geword. Mens moet eers by so cliff afloop dan kom mens by die see. Die eerste ding wat ek natuurlik gedoen het was om my skoene ite te trek en my pootjies in die see te druk. Die water was yskoud ( Daniel het ver van die koue water gebly) maar ek kon nie help nie het heelpad na die pier met my voete in die water gestap.
Toe ons daar aan kom het ons oceanarium toe gegaan. Natuurlik met die eerste slag wat ek wil fotos neem kom ek agter my kamera se battery is pap ja ja ek weet. Het toe sommer n disposable kamera gekoop. Die oceanarium is klein maar baie goed uiteengesit. O ja Shaun onthou jy daai ronde vis met die groot ronde oog? Ek het uitgevind wat dit is n pacu dit is n vegeterian piranha ja soos die wat mens opvreet en die ene wat ek daar gesien het was huge hulle groei tot 80cm en lyk soos n klip n baie groot ronde klip. Ja so ek en my boetie het al met piranhas geswem! Hulle het sulke twee huge turtles gehad Friday & Crusoe baie oulik en 1uur kon ons gaan kyk het hoe hulle gevoer word. Hulle is regtig mooi. Die ander freacky ding wat ons daar gesien het was sulke visse wat in n pik swart tenk bly. Ons het eers eer verby gestap en gedog die ding is leeg en toe sien ons hulle glow in the dark oe baie baie baie freacky!
Volgende het ons op n boot rut gegaan na Swanage en ek wil baie graag terug gaan soontoe. Dit is so klein quant dorpie half weggebere in n baai. Die mense duik ook daar so dit sal n goeie plan wees. Die berge daar is sulke wit kalk berge/ cliffs met groen gras bo op. Daar is ook klomp hidden coves en stuff en pirates het daar voorheen daar gaan wegkruip plus al die skelms wat tabacco in gesmokkel het. Natuurlik het die windgewaai en ons sit toe voor op die boot en word papsopnat het later n move gemaak.
Terug by Bournemouth het ons by n seekos restaurant yummy vis geeet.
Het deur die tuine gaan stap om op die eye te gaan (so balon ding) maar was toe toegemaak oor die wind. Het lekker putt putt gespeel en ma ma sal nie glo wie gewen het nie - ek!! Ek dink dit was seker maar my beste game ooit gewees. Maar oordat ek dog ek gaan verloor se ek wenners maak koffie en so waar as vet staan Lynn en weer die koffie maak. Maar nou weet ek vir volgede keer.
Het langs die strand terug gestap stasie toe en toe die 2ure trek huistoe gemaak. n Baie lekker dag en ek wil defnitief terug gaan Swanage toe en gaan duik en die treintjie op vat na die heuwels en die wandel pad gaan stap.
- comments