Profile
Blog
Photos
Videos
Ek en Daniel het n lys gemaak van goed wat ons wil doen voor die babatjie gebore word van goed wat ons graag wil doen maar seker nie n kans sal kry vir n lank tyd om te doen as die babatjie eers hier is nie.
Een van die goed was om vir afternoon tea te gaan. Dit is n baie Engelse ding om te doen en ook n baie touristy ding hier in London. Ek wou nog altyd gaan tee drink het en is so bly ons het dit ten minste een keer probeer.
Ons het gekyk watse plek het die tee award gewen vir 2012, want ons het gedink as ons so baie geld gaan spandeer vir een keer se doen moet dit darem ordentilik wees.
So daar sit ons twee in ons beste outfits (ek 8 maande swanger) en ons fancy hou in die Atheneum Hotel in London. Die hotel overlook Green Park wat die famous park is by Buckingham Palace. Wanneer mens toilet toe gaan kry mens regte individueele hand doeke, met n adjoining powdering room en complimentary water en dit net in die toilet.
Ons het ongelukkig nie baie foto's geneem nie want dit is nie die tipe plek waar jy jou kamera regtig kan gebruik nie, maar ek sal vertel van al die lekker kosse.
Eers het die waitor omgekom met die tee menu. Die tee menu is teblare wat in glas in n hout menu ingele is sodat n mens die tee blare kan sien. Hulle het baie verskillende tee's gehad om van te kies. Ek moes gaan vir decaf want ek gaan mos heel middag sit en tee drink so toe kies ek blueberry. Die blueberry tee was vrek lekker hoe langer dit geweek het hoe soeter het dit geword. Daniel het met peach tee begin wat hy van gehou het, maar het later besluit hy wil darem nog n tee try en het oorgeskuif na Kangaroo Lamsang tee. Dit is n smoky tee en mens ryk die smokynis van ver. Hy het baie van die smokynis gehou. Die tee word bedoen in sy eie potjie met los tee blare. Daar is ook n aparte tee potjie met kook water in wat mens by die teeblare gooi om dit op te top. Dan sit n mens so silver sif ding oor die teekoppie om die blare te vang en skink die tee. Ook maar goed die waiters het dit gedoen die eerste keer anders het ons twee n klomp tee blare gedrink.
Die tee word bedien in 3 courses. Fingersandwiches, scones en dessert trolly. My favourite was die scones, maar laat ek by die begin begin. Hulle kom om met so platter van sandwiches wat hulle bedoen. n Mens moet kies maar daar is so baie om van te kies toe vra Daniel vir n selection van sandwiches die vrou skep toe een van elk in so ons het alles probeer. Daar was egg en cress, pastrimi& horseradish, cucumber, salmon, pickeled onion. Al die topping is op verskillende tipe brode wat baie lekker en vars was. Die broodtjies het of course geen korsies nie en is in lang vingers gesny omtrent 2 vingers breed.
Volgende was die scones. Die scones kry mens in die 3 tier stand. Die boonste tier het homemade strawberry jam (wat Daniel gelove het), clotted cream en homemade lemon curd (jis is dit yummy) gehad, natuurlik in klein potjies met teelepels - alles swaar ordentlike silver. Die middelste tier het die scones. Mens kry elkeen 1 klein plain scone en 1 orange scone. Daniel was nie so mal oor die orange scone nie en ek dink ek het dalk altwee plain scones geeet. My scones was heerlik, ek het die botter lekker dik aangesmeer met jam en clotted cream en die ander helfte met die lemon curd. Nooit het ek gedink lemon curd sal ooit so lekker wees op scones nie, maar hierdie was ongelooflik lekker. Die onderste tier sal gewoonlik flapjacks in he maar het hot cross buns gehad want dit was paasnaweek. Ek het dit geskip om plek te hou vir die dessert trolley wat ek beplan het om leeg te eet. Daniel het gese die hot cross was oriaat maar hy is nie regtig mal oor warm rosyntjies nie.
Die laaste course was die dessert trolley. Die vroutjie kom om met n regte dessert trolley vertel jou alles wat daar in is en dan kan jy kies wat jy wil he. Al die desserts is soos tiny maar mens is so vol geeet teen die tyd en vol tee gedrinkdat n mens ook nie regtig plek het nie. Dit is omtrent 2 ure se tee drinkery. Ek het n witchocolate mouse in n dark chocolate cube gekies, lemon posset, lemon curd tart gekies. Die lemon curd tart was die lekkerste vir my. Daniel het die wit chocolate mouse in n dark chocolate cube gekies, banana loaf, rose meringue gekies. Die rose meringue was sy favouriste van die lot. Ek het nog gehoop hulle kom n tweede keer om nie oordat ek plek gehad het vir nog nie maar ek wou nog n paar desserts try. Hulle het klomp verskillende koeke gehad soos victoria sponge, chocolate, al die verskillende loaves en dan die champagne jellies en die meer terte/berry terterige goed.
Dit was n baie lekker experience en ek kan sien hoekom dit albei Engelse en toeriste trek. Ek sal dit defnitief aanbeveel vir mense. Dit is nice om partykeer bietjie fancy te wees, mooi aan te trek en goeie diens te ervaar.
- comments