Profile
Blog
Photos
Videos
Amsterdam
Dag 1 - Songdag
Ons het gejaag van Birmingham tot London. Gejaag van die huis na die Eurostar. Twee en half ure se ry op die Eurostar tot op Brussels Midi. Ons klim toe op ons volgende trein na Amsterdam. Daniel het gedink dit gaan 'n half uur max vat en ek het gedink n uur max, 3 ure later kom ons toe by Amsterdam. Nie veel scenary op die trein nie. Die vrou wat langs my gesit het het aan die slaap geraak en kliphard begin snork. Ons het net voor 9 die aand by Amsterdam sentraal aangekom toe moes ons n tram soek. Dit was so deurmekaar want hulle ry op die ander kant van die pad so ons bly op die verkeerde kant van die spoor staan. Ons kom uiteindelik by die Hotel Ajax. Ons was gewelkom met n fire alarm en 3 stelle baie styl, nou trappen en een huge koffer. Ons kom toe in die kamer 'wat n dump' daar is gate in die mure, wiring met bruin box tape toegedraai, badkamer lig permanent aan geen switich, en n voetprint op die bed. Die kussing was ook helfde die gewone lengte.
Ons het toe besluit om uit te gaan om uit die hotel te kom. Het Rokin Straat opgeloop verby Dam Square. Pizza geeet by n 'Italiaanse' eetplek. Siende dat daar geen Nederlandse eetplekke was nie. Daarna het on die Red Light District besoek. Dit was nie heeltemal wat ons verwag het nie. Die meisies staaan net in die vent=stersm met hulle 'skimpy' onderklere. Baie lyk verveeld en speel op hulle fone of sit make-up aan. Het daarna terug B&B toe gestap en al die mense bekyk wat in die aand rondloop.
Amsterdam
Dag 2 - Maandag
Vroeg opegestaan en afgegaan na die breakfast. Daar was half glad wrapped bordjies, eierskille op die boiled eggs en al die crockery/cutlery was vuil. Ons wou aan niks raak nie, waar gewoonlik dink ons maar net 'what doesnt kill you...' Die brode is soetbrood al is dit graanbrood. Dit is nogals lekker.
Ons het kaartjies gekoop vir die hop on /hop off bus en kanaal cruise. Ons het die bus gevat en reg om die hle stad gery en na al die hoof attraksies gekyk. Die eerste stop was Gassan Diamonds waar ons n toer gehad het duer die gebou. Hulle het ons gewys hoe dieamnte gemaak is. Halfpad deur die toer het ons verdwaal en toe maak ons maar net ons eie toer op en gaan na die winkel toe waar ek toe vir my n windmill chharm gekoop het. Oppad na die diamnte toe het ons verby die enigste windmeel in die stad gery. Die windmeul moet hoog genoeg wees en hoer as die geboue om die wind te skep.
Oordat Amsterdam op reclaimed land gebou is en die land is baie sandering en moddering word al die geboue op hout stilt fondamente gebou. Om te voorkom dat dit vrot moet hulle die water hoogte reguleer anders vrote die nat hout as dit droog word. Daar is n man made current wat die kanale skoonspoel.
Nadat ons die bustoer klaar gemaak het, het ons die kanaal bote gaan soek. Dit was n pyn om dit te vind en om die kaartjie te vind, maar eventually het on die groen lyn gevat.
Ons het die wereld beroemde fietspark gesien. Die grooste fietspark in die wereld. Om jou fiets te vind kry n spesiale trekker gadget wat beep as jy naby jou fiets kom. Die fietsparking hou 150 000 fietse en is 5 verdiepings hoog.
Ons het baie huisbote en brue op die kanaal cruise gesien. Het by die Hard Rock afgeklim. Moes n paar blokke terug loop, want die brug was toegemaak wat direk Hard Rock toe gaan. Die brug was gesluit deur die polisie hulle was besig om te duik vir n lyk. Die Hard Rock is reg op die kanaal ons het buite in die square gesit met n wonderlike atmosfeer met al die fietse wat verbygaan en mense in die square. Die waittress was hopeless, want sy het halfpad deur die diens verdwyn en almal het vir haar gesoek. Ek het yummy potatoe skins geet met bacon. Daniel het die legendary beurger geeet wat net so lekker was. Daarna het Daniel sy collecters pins gaan koop. Ons het hulle nou vir London, Bangkok en Amsterdam.
Van die Hard Rock het ons langs die kanaal na die Rijksmuseum geloop. Daar was n pragtige truin wat ons na die tyd fotos geneem het. Binne die museum was daar baie verskillende kunswerke soos VOC China tot n ghitaar van porcelein, houtwerke en natuurlik baie oorspronklike Rembrand skilderye.
Na die Rijksmuseum het ons die bus gevat na die Anne Frank huis. Daar was n baie lang queue gewees. Die Anne Frank huis was baie vervelig net tv's wat doe stproe verte; emn geem meubels net fotos daarvan ons het darem haar dagboek gesien. 'n Mens kan nie glo dat mense so moes wegkruip in die donker nie. Ek is besig om haar dagboek te lees dit is meer intersant om haar gedatees en werklike gebeurtenisse te lees as n spul lee kamers. Haar laaste diary entry was 1 Aug 1944 op 4 Aug 1944 was sy oorlede. Hulle weet nie wat in daai dae gebeur het nie. Haar dagboek is wat sy oor haarself geskry het maar sy het dit later begin oorskryf om ander mense in hulle gebeurtenisse in te skryf om te wys hoe dit almal geafteer het. Die dagboek is net vir die 2 jaar wat hulle in Amsterdam gebly het en nie toe hulle na die konsentrasie kamp gegaan het nie. Die sekataresse het die dagboek op die grond gevind na die raid en dit gehou vir haar pa Otto Frank en dit vir hom gegee. Hy was alleen van die 8 mense in die huis wat oorleef het.
Toe loop ons al die pad terug Dam Square toe en sit en drink en berkyk ons aan die mense. Daarna het ons Red Light District toe gestap opsoek n coffee shop. Die verskil tussen n koffie huis en n cafe is dat n cafe kos , koffie, drank verkoop. Koffie huise mag net koffie (non-alcholic drinks) en dagga verkoop. Ons vind toe een by die kerk. Oppad koffiehuis toe het ons baie prositute by skinny straat gesien. By die koffiehuis het hulle chilled musiek gespeel. Daniel het n roll up mariyana gekoop en n supercool lighter. Ek het n puff probeer dit pre soos pepper. Hy was lekker hoog en het vir homeself gesing en dansies gedoen al die pad terug B&B toe. Ek moes na hom kyk vir die 10--15minute stap terug B&B toe ek het nog nooit homsien so baie lag vir homself nie. Hy het ook baie gelisp en dan vir homself gelag. Daniel het toe uitgepass op die bed en ek het my boek klaar gelees. My arme kuite was so seer van al die loop.
Amsterdam
Dag 3 - Dinsdag Cruise Dag 1
Ons het wakker geword in ons dodgy B&B en so gou as moontlik uitgebook. Daarna het ons al die pad gestap na die hawe (ons het baie adventourous gevoe) 2 ure later stap ons nogsteeds en kan nie die boot vind nie. Na n paar oproepe vind ons uit die boot was waar ek gese het dit is toe moe ons al die pad terug stap. Ek was so gatvol en warm en arme Daniel was gesel van n kant af.
Ons los toe ons swaar tasse op dei boot wat ons saam gesleep het. n Vinnige koppie tee gedrink en toe die nommer 2 tram van Amsterdam Centraal stasie gevat tot die museum gebied. Ons het toe museumplein toe geloop en foto's geneem by die kende I am amsterdam. Daarna het ons n groot draai roomys in die plein geeet. Ons gaan staan toe in die lang queue vir die Van Gogh Museum maar gelukkig het n vrou vir ons gese van n kaartjie kiosk op dieblok wat fast track tickets verkoop het. 5 minute later was on in die museum. Ons het net 45min oorgehad om die museum deur te loop wat veels te min tyd was, want daar is honderde oorspronklike werke van Van Gogh, Monet en Picasso. Ons het darem genoeg tyd gehad om die belangrikstewerke te sien soos van Gogh se self-portrait en sy zonneblomme.
Toe moes ons vinnig terug jaag met die tram om betyds 3 uur in te check op die boot. Ons kamer nommer was 32. Die kamer was pragtig met egte hout en kopper trimmings. Dit was heeltemal die teenoorgestelde van die eerste 2 aande.
Ons het skaar ons tasse neergesit en gestrart na 3 dae van geen stort nie ( want die B&B was so dodgy). Na die safety briefing het ons bo op die sundeck gaan sit en gekyk hoe die skip uit die hawe seil. Daniel het n bier gedrink en ek n glasie Rose op die sunlungers op die boonste deck. Dit was soos hemel op aarde mens kon net onstspan en die lang laan bome kyk verbygaan. Elke nou en dan n windmeul tussen die bome gesien en die vars reuk van plase geruik. N Bietjie later het ons die Bon Voyage met n glasie rooi sjampanje geniet op die sundeck.
Aandete was n 6 gang maaltyd. Dit was ongelooflik lekker die diens en die kos was 5 ster. Ons het lekker caviar geeet met Salmon pate. Dit pop so in n mens se mond. My gunsteling was die aspersie sop.
Die boot het sy eie biblioteek en giftshop, haarkapper, en massage parlor, sauna, gym. Op die sundeck is daar n bar, putt area, groot chess en braai. Die restaurant is apart en ons het langs n Engelse couple van Liverpool gesit. Hulle was baie nice, maar baie Engels, In die aande is daar n live piano player in die lounge. Ek voel soos royalty op die skip.
Antwerp
Dag 4 - Woensdag Cruise Dag 2
8 uur wakker geword, oggend ete gaan eet. Die hoof sjef het ons omelets gemaak. Dit was die lekkerse omelets ooit. Ek het n bacon kaas, chives, en tomatie omelet geeet.
Ons het ons toergids ontmoet Gideo en op n bus toer gegaan. Die trein stasie is soos iets uit Alladin pragtig. Ons het ook die kasteel en die ou hawe en die regsgebou met die city gate gesien en die watergates.
Daarna het ons op n walking tour gegaan. Ons begin punt was die kasteel waar ons die ou dik stadsmuur gesien het. Toe na vleeshouers waar al die butchers was. Daarna was ons na die katedraal. Dit was eens op n tyd n fjord en net die wag kon op n trompet speel om almal te waarskeeu. On het later die middag terug gegaan en die pragtige staned glassed windows gaan kyk en die famous kunsternaar Ruben se portrette gaan kyk. Daar was n pragtige sirkel skildery in een van die towers en die huge oral met 5770 pype.
Daarna was ons marksplein toe en na die ou wat die hand werpen - antwerpen word. Almal wat in die stad gekom het moes n tax betaal as hulle geweier het was hulle hand afgesny en in die rivier gegooi. Die fontein wys n man met n hand en onder hom water wat uit die man se arm vloei waar sy hand afgesny is. Die fontein staan voor die stadsaal wat oorgedoen was om meer van indruk te maak. Die hand is n baie belangrike simbool. Ons het n botterkoekie met almonds in die shape van n hand geeet. Net 20 Bakery kan die hande maak. Ons het ook n taster sjokalade in die vorm van n diamnd geeet dit was baie lekker. Ons het later die middag weer terug gegaan na die winkel waar hy dit gekoop het en vir ons en ons ma's n verskeindeheid sjokalades gekoop.
Daarna was ons na n pub en De Konnck bier gedrink dit was sleg.
In die stad is daar net 14 ou huise oor. Oordat die mense nie die water kon gedrink het nie het hulle bier gedrink tot die noone het 3-4L bier n dag gedrink. Die huise se deur se slotte het spesiale groewe gehad wat die sleutels geguide het wanneeur die mense dronk huis toe gegaan het.
Antwerpen was ook baie donker stad, want al die geboue was oorspronklik swart.
Dit is nou 2013 en ons kom nou eers daarby om die laaste paar dae van ons amazing cruise te vertel. Die enigste probleem is dat on nie veel kan onthou behalwe dat dit wonderlik was nie. So ons hou dit maar kort en kragtig - hopelik!
Middelberg
Dag 5 - Cruise Dag 3
Die cruise director het 'n skattejag vir al die passesiers georganiseer. Ons moes die clues volg en al die vrae in 'n seker tydperk beantwoord. Elke vraag was 'n ander atraksie of interesante feit van die dorp van Middelberg. Ons en die hele drop plat gehardloop op soek na al die leidrade. Dit was 'n baie goeie manier om die hele dorp in 'n kort tydperk te verken.
Die mees interesanste feite (wat ons kan onthou) van die babbelaars lekkers wat bietjie soos harde "humbugs" proe en ons moes die hoogte van die hoogste toring in die dorp uitvind.
Daar was baie winkels, en ons het besluit om so bietjie rond te kyk. Lynn het 'n paar goed by Etam gekoop.
Ons het nie die skattejag gewen nie!
Rooterdam
Dag 6 - Cruise Dag 4
Ons het laat die aand in Rotterdam aangekom. Ons het buite op die dek gestaan en na die stad se liggies gekyk. Dit was baie mooi, ons het vir n kort loopie gegaan voordat ons gaan slaap het.
Die volgende oggend het ons na al die geboue gaan kyk. Oppad na die geboue was daar n strip soos in Hollywood waar al die bekende mense hulle handprint in die sement gemaak het. Daniel het sy hande gematch met Johnny Cash.
Die vreemdste gebou wat ons gesien het was eintlik flats. Dit is letterlik skewe cubes wat op mekaar gestack is. Die layout is baie weird en onprakties. Alles voel omgekeer. Ek kon nie lank daar binne bly nie want dit maak mens se kop so bietjie mal. Dit is nogals interressant om so iets te sien.
Ons het toe rustig begin terug stap na die boot langs die rivier af.
Kinderdijk
Dag 7 - Cruise Dag 5
Kinderdijk is pragtig! Dit is waar die meerderheid van die windmeule wat nog bestaan is. Die natuur daar is so rustig en mooi dit laat my dink aan n groot meer. Toe ons terug om die boot klim on terug te reis Amsterdam toe het ons n sunset cruise gehad. Ons het middagete buite op die boonste deck geeet wat baie lekker was en cocktails gedrink. Die meer het soos n groot plat see gelyk met pragtige pink kleure. Maar eers wil ek vertel oor Kiinderdijk.
Die eerste stop toe ons van die boot af geklim het was n ou windmeul. Dit was opgesit en word nogsteeds gerun soos wat dit in die ou tyd gewerk het. Ek het die man se naam vergeet maar wat ek wel onthou is dat hy klopse gedra het. En die hele familie het in n klein kamertjie ondergebly binne in die windmeul. Daarna het ons verder tussen die windmeule en riviertjie na die groot dam gestap. Daniel het baie foto's geneem.
Oppad boot toe het ons by die museum gestop en n kort geskiedenis oor die windmeule gekry. Dit was seker die lekkerste dag en my highlight was die windmeule en die rustige natuur.
Ons het laat die aand in Amsterdam aangekom. Ek en Daniel was mal genoeg om na ete weer n bietjie in Amsterdam rond te loop. Hulle het ons amper uitgesluit oppad terug. Ek moet se die cruise was die highlight van baie jare se travel, ek sal dit defnitief aanbeveel. Die volgende oggend het ons weer begin huisvaarts begin beweeg, maar eers het ons vir die oulaas gaan explore.
Keukenhof
Dag 8
Ons Eurostar trein ticket was eers laat die middag en ons moes al vroeg van die boot afklim. Die eurostar ticket gee vir n mens vry gewone trein tickets vir die dag wat jy op die eurostar moet travel. Ek en Daniel het toe na die lughawe se trein stasie gegaan opsoek na lockers. Ons het toe lockers gevind en ons tasse daar gelos vir die oggend. Daarna het ons op n bus Keukenhof toe gegaan. Keukenhof is spesiaal n mens doen dit seker net een keer in n leeftyd want die tulpe blom net vir 3 maande van die jaar. Gelukkig was April die perfekte tyd om te gaan. n Mens kan nie glo hoeveel verskillende tulpe n mens kry nie. Van die tulpe is absoluut huge. Die kleur variasies is ongelooglik. Die park is pragtig maar ongelooflik vol mense.
Dit is nou 2013 en ek dink nog gereeld aan die cruise en wens dat ek nog op die cruise kon gewees het.
- comments