Profile
Blog
Photos
Videos
Ek het verlief geraak op die klein kusdorpie, Port Nolloth. Dit het weer rustigheid in my gebring. Ek weet nie of dit net die see was nie, Maar die dorpie is iets besonders. En ook die mense wat ons daar ontvang het by Bedrock. 'n Pragtige blyplek met heelwat geskiedenis. Maar hulle maak dit spesiaal vir jou. Uit jou bed uit kyk jy oor die see en uit die badkamer is daar eenrigting glas wat jy ook na die see kan kyk as jy daar sit en boek lees. Selfs uit die bad uit. En beleef die stort. Dit het glad nie 'n deur nie. En die water spat ook nie te veel uit op die vloer nie. Jy voel so vry as jy daar is. Die mense is baie vriendelik en hulle hou van gesels. Ons het heerlike ontbyt gekry en moet nie van die etes by die restaurant vergeet nie. Dit was 'n Italiaanse plekkie. Meeste van die mense daar is Afrikaans. So jy gooi net Afrikaans waar jy kom. Dit voel snaaks. Voel soos Namibia. En wel die plekke hier lyk ook maar soos daar. Ek sal se Port Nolloth laat mens dink aan Hentiesbaai. Ek sal enige tyd weer daar gaan bly, maar ook net in Bedrock se Grace Room.
Oppad Port Nolloth toe is ons ook verby Steinkopf. Daar rol hulle nog die pad op na 4 in die middag. Nee is baie klein daar.
Net so langs Port Nolloth is Mc Dougall baai. Daar is 'n karavaanpark en ook 'n sekuriteitsoord. Dit is al vir jare lank aan die ontwikkel, maar daar is nog min huise. Ek dink dit 'n goeie idee, maar ons nageslag sal seker daar bly. Dit gaan baie stadig. Daar is ook 'n muur opgerig wat so stukkie vir stukkie gebou is in verskillende style. Dit lyk mooi. Die een muur het name op van almal wat al in Port Nolloth se omgewing gebly het.
As jy kan, gaan maak 'n draai by Port Nolloth!
- comments