Profile
Blog
Photos
Videos
So verlaat ons toe vir Keimoes die more en ry reguit Kakamas toe. Dis 'n groter dorp, maar nie so mooi soos Keimoes nie. Van daar draai ons toe af na Augrabies toe. Daar waar die mooi waterval is. Maak ons was nie seker wat om te verwag nie. Baie van die uitkykpunte het mos weggespoel so paar maande terug. Wel daar aangekom het ons eers na die ontvangs gegaan. Hulle het beduie dat daar net 3 uitkykpunte oop is. Dit was nogal warm op die klip toe ons na die waterval geloop het. En die water was mos nie op sy vinnigste oop nie. Dit het maar stadig geloop aangesien die water maar min was. Maar jy kon sien hoe die water die ander uitkykpunte verwoes het. Dit moes skrikwekkend gewees het om dit te sien. Nadat ek my fix(Bar One koek) gekry het, is ons Pofadder toe.
Wat 'n vriendelike klom mense daar by die Info Sentrum / Hotel. Hulle het vertel dat Pofadder sy naam van 'n persoon gekry het, nie omdat daar slange was nie. Ek het nooit geweet nie. Oulike klein plekkie die Pofadder. Daar net ons ook 'n karwag gehad wat die kar vir R7 opgepas het. Dis nou net om vis en brood te koop.
Met die pad langs het ons Pela se bordjie gekry en toe gou daar gaan draai. Net 'n klein nedersetting met stofstrate. Daar is ook 'n kerkie wat net van 'n prentjie af gebou is. Geen bouplanne of afmetings nie. En hy het heel mooi uitgekom.
Springbok le toe voor en ons het maar gewikkel soontoe. Hierdie dorp se besigheidsarea is die grootste van al die dorpies wat ons die dag besoek het. Daar is tot 'n Wimpy, Clicks en al daai plekke. Spar was een van die groot winkels in die dorp. Ons het daar kos gekoop vir ons aandete. Teen 4 uur was Nandos al toe! Daar is ook 'n mooi kerk in die middel van die dorp. Die mense het baie moeite gedoen met die gebou. Daar is ook heelwat staatsdepartemente in Springbok.
Okiep le nou net Noord van Springbok. So 10km. Dis ook maar net 'n paar huise en dan die Hotel waar ons geslaap het. Ek het daar my gly in hotelle gekry. Dis nie regtig meer die moeite werd om 'n hotel te besoek nie. Gastehuise is baie meer persoonlik. By die hotel het hulle ook musiek aangesit as mens stort. Dis sodat jy kan ronddans om nat te word. Nee wat, hou maar verby met hotelle.
- comments