Profile
Blog
Photos
Videos
Wat gebeur deesdae in Alexanderbaai? Wel nie veel nie. Lyk my die meeste van die mynboubedrywighede het toegemaak. Daar is nou wel kontrakteurs oor wat diamante myn. Maar al wat ons kon sien was sand en stof. En baie ou geboue. Lank terug was dit 'n mooi dorp. Maak nou is dit net 'n spookdorp. Maar dis nie al nie! Die dorp is besig om weer lewe te kry! Daar word gewerk aan die paaie, lamppale en heelwat word gedoen om die plekkie weer aan die gang te kry. Johan van Rigtersveld toere het ons so bietjie vertel van wat om waar te sien.
Ons was nou wel daar toe daar 'n sandstorm was. Dit was oppad na die Oranjerivier se monding toe. Dis toe dat ek die doringdraad in die foto die langsaan sien en besluit om dit af te neem. Min het ek geweet hoe vol sand ek gaan word. Vinnig, vinnig was die ek, die kar en kamera vol sand. Ek was baie ongelukkig oor dit. Maar ek het vinnig geleer.
By die monding was daar nie veel te sien nie. Jy benodig 'n 4x4 om nader te gaan. Ons het wel uitgeklim en daar geloop. Maar die wind het ons deurmekaar gewaai. Dis soos Afganistan hoor ek iemand se. Ek sal baie moeilik daar bly en werk. Ek dink jou huis is die heeltyd onder die sand. Nie net stof nie!
- comments