Profile
Blog
Photos
Videos
Jy ry nog so in die dorre veld, dan maak daar 'n groen paradys voor jou oop. Plantasies van druiwe le voor jou uitgesprei. Sulke kontraste is baie mooi vir my. Die grond is so dof en langs die kanaal waar die druiwe is, die mooiste groen. Ons het die dorp kruis en dwars deurgery. Elke hoek en gatjie. Nadat ons by The Overlook ingeboek het, 'n baie mooi, skoon plek met 'n asemrowende uitsig oor Keimoes, het ons besluit om na die hoogste top toe te ry om daar fotos te neem van Keimoes. Dis waar hierdie foto geneem is.
Ons het die aand by de Werf geeet en ook daar na die eende, springbokkies en 'n mak vark gekyk. Dis nou nie ek nie, al is my maag net so groot soos syne. Ons het die aand rustig geslaap en was baie opgewonde oor die ander dorpe wat ons nog moes besoek.
Keimoes is regtig mooi. Ons sal graag weer daar wil bly met 'n volgende besoek.
- comments