Profile
Blog
Photos
Videos
Vandag was ons beurt vir Ele-pant ride (soos die locals dit noem). Die locals kan om een of ander nie die 'f' klank uitspreek nie. So enige iets met 'n 'f' of 'ph' of 'v' word met 'n 'P' uit gespreek. Hulle sal 'sepen' instede van 'seven' uitspreek.
Elk geval, ons taxi was al vroeg oggend daar en ons ry toe deur na die Olifant village. Dit was so 'n twee uur se ry, maar vir die blote rede omdat hulle nie 'n ordentlike hoofweg het nie. Jy moet letterlik deur 'n string nou paadjies, straatjies en ander villages ry om by die een uit te kom waar jy wil wees. Stel voor jy moet van die Kaap na Bellville ry, deur paaie so nou soos Parow straatjies - dit sal jou mos ook omtrent twee ure vat. Ek is seker die Balinese is die wereld se beste drywers. Dit is 'n wonderwerk hoe die mense op die paaie nie een ongeluk maak nie.
Die nou paaie het ons op die ou einde na 'n mooi woudagtige dorpie gely waar ons die olifante sou ontmoet. Tanya was baie excited oor die olifante - dit het mos 'n sentimentele betekenis vir ons. Ons kry toe vir Donny. Gelukkig was hy een van die groter ouens, want ek het hom 'n bietjie jammer gekry met my en Tanya se gewig op sy rug.
Aan die begin was ek en Tanya 'n bietjie ongemaklik. Ons het op so 'n hout kissie-ding vir 'n sitplek gesit en die wieg links en regs soos Donny sy reusagtige treee gee. Ons was weereens omring deur 'n tipies Balinese woud - groen palms, frangapani bome, varings, piesang bome, ens. Ek en Tanya het in stilte die natuur waardeer soos Donny rustig sy roete gevolg het.
Ons het toe 'n 'pitstop' op die halfpad merk gehad en was gegroet met 'n coconut en strooitjie - jy drink die coconut melk net so uit die dop. Ons was nou nie so mal oor die coconut drink nie, maar Donny het dit baie meer waardeur as ons. Donny eet omtrent so 200kg se kos 'n dag. Dit is darem baie groen vir so 'n groot dier.
Na die halfpad merk het ons deur die plaaslike dorpie gestap en die sig van 'n olifant deur die strate was geensins snaaks vir die locals nie.
Aan die einde van ons roete kon ons ordentilik vir Donny groet en vir Tanya was dit mos nou weer foto-sessie. Dit is eers wanneer jy afklim wat jy sien (soos ons guide dit noem)... "Donny got big banana!"
Ongelukkig het daar twee slurpe in ons fotos gekom.
Na ons lekker middag ete was dit weer huis-toe-gaan tyd, maar nie voordat Tanya die Honey Bears gesien het nie. Toe is dit eers weer baba geluide en "ag kyk hoe cute is hulle" en toe ek weer sien is Tanya in die kamp saam met die goed. Al wat Tanya gese het is: "lief, dit is honey bears soos Winey the Pooh". Wel die bere was bruin met kloue soos Freddy Kruger. Ek was nie heeltemal oortuig nie. Die bewaarders het ons verseker die bere was baie vriendelik. Ek moet se, Tanya se beer was nogal vriendelik. Hy het skoon op haar skoot gesit en sy kloue deur haar hare gevryf, net soos 'n mens. Tanya het die foto-sessie saam met die bere net so geniet.
En ja, daarna was dit weer hok toe vir ons.
- comments