Profile
Blog
Photos
Videos
Dag 5 het begin met 'n sous reen van die oggend af. Ons het weer vroeg opgestaan vir ons perdry aktiwiteit!
Ons was weereens skepties, want ons was veronderstel om langs die see af perd te ry, maar die reen het vandag ernstig gelyk - dit was nie net sommer 'n mot reentjie.
Ons besluit toe om voort te gaan en die perd ry aan te pak. Dit was die eerste keer wat ons so diep in Bali self gegaan het. Ons het so 30min gery om 'n ander couple op te tel vaarwoor hulle sel ook 30 minute laat was.
Teen die tyd wat ons by die perde uitgekom het, was die reen al redelik ligter en opgehou vir so 'n tydjie. Tanya het vir Jenny gekry en ek kan nie my perd se naam onthou nie - dit was elk geval te moeilik om te se.
Daar gaan ons toe aan die galop af see toe. Tanya is mal oor perd ry...ek ja wel...daai gogga het my nog nie rerig gebyt nie. Dit is my tweede keer op 'n perd en ja, ek is nie so mal daaroor nie. Dit is seker maar OK. 'n Ou se "jingle bells" (soos wat ons instructor dit noem) kry ook maar seer met so perd ry. My perd was of baie lui of ek was te swaar vir hom of ek kan nie dit reg ry nie, want my perd was maar gevrek. Tanya was natuurlik heel voor in die koor en heel excited.
Die seesand op die strand was pik swart. Dit is van die naby gelee vulkaan. Jy kon dit so in die verte sien. Gelukkig het hy nie besluit om te erupt vandag nie. Dan sou ek daai perd geskop het tot hy hardloop, jingle bells en al!
Net soos ons terg gekeer het begin dit weer te sous en ons mis toe net die erg reen. Die ander mense agter ons was natuurlik sopnat.
Lunch was by een of ander vergelee hotel en daarna was dit terug na ons hotel toe.
- comments