Profile
Blog
Photos
Videos
So het dag 4 van ons honeymoon aangebreek en Tanya was heelwat beter. Sy het nog so 'n kol op haar maag gehad, maar ons wou toe nie nog 'n aktiwiteit kanseleer nie. Ons was nogal skepties, want dit was 'n boot cruise after all - iets waarop gewone mense siek raak!
Ons het toe dit aangedurf en 07:30 het ons taxi drywer ons kom optel. Op die boot was ons verwelkom deur twee tradisionele Bali meisies. Die weer was lekker warm en ons het uitgesien na 'n lekker dag in die son en see.
Ons het toe vertrek na die eiland Lembongan. Dit was so uur se ry op die Bali Hai II. Ons was omring deur koppies met tropiese palms en plante. Die seewater was helder turquiose en van nader af is dit skoon deursigtig. Vir die eerste keer kon ek actually die bodem van die see sien sommer net so.
Ons was toe vervoer met kleiner bootjies na die kus waar ons die res van die dag sou spandeer. Die Beach Club was flippen mooi, 'n regte tropiese paradys - die soort wat jy altyd in die movies sien.
Ons het toe n village tour gedoen waar ons deur die eiland gery het en bietjie meer geleer het oor die mense. Die mense is baie armoedig en basies "boer" hulle met seaweed wat hulle uitvoer vir kosmetiese produkte. Daar is sowat 8000 mense wat woon op die eiland en verbasend genoeg, is daar 3 skole.
Daarna het ons terug gekeur Beach Club toe om te gaan snorkel! Met sulke deursigtige water was ek seker dit gaan mooi wees. Tanya was bang vir die snorkeling. Die see freak haar 'n bietjie uit. Terwyl ek snorkel kom agter Tanya hou heeltyd haar bene op, teen haar lyf. Sy was toe al die tyd bang om haar bene te sak omdat sy bang was vir die korale onder. Dit het 'n tydjie gevat om haar te kry om haar bene te laat sak, want sy was ver van die korale af. Die snorkel self was mooi met al die visse, ens. Ek het vir Dorry ook gesien, maar sy het bietjie verlore gelyk.
Na die snorkel het ons gaan lunch en toe 'n bietjie banana boat gaan ry. Dit is so 'n langwerpige geel opgeblaasde "piesangs" waarop jy sit dan sleep 'n boot jou agterna. Ek en Tanya het maar so beurte gemaak om te gaan.
So 14:15 het die bootjies ons weer kom haal en ons het so amper amper ons boot gemis. Die Bali Hai II het so uur later weer vertrek Bali toe.
Dit was 'n wonderlike dag van fun in the sun. Ek en Tanya was natuurlik dood moeg oppad terug en ek is so 'n paar shades rooier!
- comments