Profile
Blog
Photos
Videos
So ons eerste dag van vakansie en tweede dag van getroud wees het aangebreek. Die oggend voor ons gevlieg het, het ons nog rond gehardloop soos twee mal hoenders. Die vraag wat jy altyd vra is "het ons nou alles". En ek vergeet mos altyd alles.
Ons was maar angstig aan die begin. Dit was my eerste keer wat ek gevlieg het en Tanya se eerste internasionale vlug. Ons was toe betyds vir ons vlug, het vroeg genoeg in gecheck, ons bagasie "gewrap" en alles was geset.
Na so 30 minute se wag in die queue het ons at last op die vliegtuig geklim. Vir my was dit 'n lekker gevoel - my eerste keer wat ek vlieg. Ek moet bieg, daar was angstige gevoelens ook tesun deur, maar baie meer opgewondenheid. Die vlug self was nie erg nie. Daar was min turbulence rerig, maar dit wat te kort in turbulence was, het n 2-jarige dogtertjie opgemaak in huil en skree. Soos Tanya se, sy het maklik 9 uit die 11 ure gehuil en skree. Bo op dit kan n mens skaars slaap op die ongemaklike seats, maar dit was alles die moeite werd. Ek het myself verstaar en dink aan hoe amazing die mens rerig is. Dat so 'n groot metaal gedoende met al sy mense, bagasie en aparate, wat tonne weeg, so lank in die lug kan bly is verstommend...en dit word gedoen al vir 'n hele paar jaar.
So het ons toe na 'n moe en rasende 11 ure by Kuala Lumpur (ek en Tanya moes eers stry of dit "Lumpur" of "Lampur" was...ek was natuurlik reg...soos altyd...maar ek is nou getroud en van wat ek al gehoor het, hou die dae van reg wees vir n man ook op...eventually) aangekom. Dit was nou 'n eerste vir beide van ons. Dit was die eerste keer wat ons so ver van die huis af was en dit nog op n ander kontinent! Die great shops het ons opgewonde gehad, maar ook net vir n tydjie. Die pryse het vinnig n demper op ons excitement gesit. In Suid Afrika het ons sigaret boksies mos altyd daardie waarskuwings bo-aan. Iets soos "Smoking is bad for your health", etc. In Malaysia het hulle min of meer dieselfde konsep, net drie keer erger. Hulle print 'n prentjie op die sigaret boksie om jou visueel te herinner hoe dit lyk as jy te veel rook. Mense met af tone, swart bebloede gums, etc is groot op display in hul sigaret rakke. As n man, het ek so amper amper naar geraak. Dit was glad nie mooi nie. Of dit nou werk of nie, wel, ek sal nooit weet nie. Ons was verstom oor die grootte van die lughawe en hoe gerieflik als was. Ons het n trein na die ander terminaal gevang, so groot was die lughawe.
Ek en Tanya het toe ons finale vlug van Kuala Lumpur na Denpasar (een van Bali se lughawens) gevang en nog 'n drie ure ons dik oe probeer rus. Dit was maar moeilik. Die vlug was nie so lekker soos ons eerste een nie. Die keer het ek n venster sitplek gehad en my weereens vergaap aan die wereld daar onder.
Ons het toe at last in Bali aangekom. Die hitte het jou onmiddelik geslaan soos 'n Mike Tyson vuishou. Ons het net vir mekaar gekyk met verrekte oe. Ons het geweet, hier raak dit hittig. Die hitte is natuurlik een ding, maar dit is die bedompigheid wat dit 3 keer erger maak.
Vir my was die grootste aanpassing om uit te figure hoeveel 'n damn ding kos. Ja, ek't spesiaal n currency converter gedownload van die AppStore, maar as dinge bedroewig en besig raak is daar nie nog tyd vir iPhone uitpluk nie. So basies is R1 gelyk aan R1000 Ruphias. Nie te moeilik nie ne, maar toe ons land was dit nog nie so duidelik nie. Ons bagasie porters was nie baie impress met hul tip nie. Ek kon aanvanlik nie verstaan hoekom nie, ek gee dan vir hulle elk 'n 2000 Ruphia noot. Dit klink vir my vrek baie ;-)
Ons het toe vir Alid (ons vervoer) gekry en so 20 minute se ry na die hotel aangedurf. Tipies van oosterse lande is daar net poegies waar jy kyk. Dit is duidelik dat daar geen traffic control in die land is nie. Karre en poegies weef tusen mekaar soos n koeksisters. Almal hoot vir mekaar, maar dit is n anderste hoot. As n mens hoot of 'n hoot ontvang in Suid Afrika is dit 90% van die keer uit woede uit. Hier word die hooter ingespan as n kommunikasie beampte tussen mekaar. 'n Vriendelike toet van die hooter beteken in Bali, "sorry ek wil gou verby kom" of "sorry, ek wil gou n U-Turn maak in die middel van die pad voor al jul aankomende voertuie". Dit is beslis 'n goeie voorbeeld van organized chaos. Die een poegie wat verby ons gery het, het sommer n hele gesin op gehad. Pa voor, kleintjie agter hom, ma agter kleintjie en heel agter nog 'n kleintjie. Die midde van Bali lyk maar plek-plek soos gedeeltes uit Mitchels Plain, met verskil dat jy actually daar kan deur ry sonder om vir jou lewe te vrees (of iets van jou ma te hoor).
Ons kom toe by Nusa Dua (die streek waar ons hotel gelee is) aan en dit is absoluut breathtaking!!! Die groenigheid, plante, palms en blou lug was iets uit n post card uit. Die Nusa Dua streek is 'n eksklusiewe 3ha area wat heeltemal afgebaken is van die res van Bali. Dit is die tourist hub. Die hotel self is net so mooi! Dit is rerig moeilik om dit in woorde te kan beskryf of selfs op 'n foto. Ons check toe in by die hotel en standaard prosedure is dat hulle jou krediet kaart details aanvra. Ek haal toe my sak uit, soek vir mr. Credit Card, maar nerens is hy te vind nie. Sweet tap my af, my hart begin in my keel sit. Waar is my donnerse kaart? Toe onthou ek dat net voor ons by die hotel aangekom het, het ek geld getrek. Ek en Tanya gooi toe alles uit opsoek na die kaart. No luck. Nou besef ek - dit maak ons vakansie nou baie erger. Vir tyd en wyl het ons die ander krediet kaart gebruik en ek het ook darem n debiet kaart waarmee ek geld kan trek. Nou is ek op en af - ek het skoon 'n naar kol op my maag. 'n Mens dink mos maar altyd aan die ergste. Ek probeer toe om vir Absa te bel, maar geen nommer wil deur gaan nie. Die hotel self kon my nie help nie. Ons vang toe n taxi na die OTM waar ek geld getrek het. Nope, geen luck, my kaart is weg. Ons beproef toe wat ek gedoen het by die OTM, aangesien ek die geld en strokie gehad het maar geen kaart nie. In SA gee meeste OTM's jou kaart eerste terug na jy n transaksie gedoen het. In Bali is dit anders, hulle gee eers geld, dan strokie en dan vra hulle of jy nog n transaksie wil doen. Nou juis op hierdie vraag is waar ek toe natuurlik (in gedagte) geloop het, want ek het dan nou klaar my geld en strokie. Elk geval, ons gan toe net af in die pad na 'n bank om te hoor of hulle ons kan help. Nope, hulle was toe nie baie hulpwaardig nie. Ons keer toe terug hotel toe, mismoedig en teleurgesteld. Op daardie stadium was ons vrek moeg van traveling, min slaap en dan nog stres oor n krediet kaart. Ons besluit toe om te gan slaap wanneer ons by die hotel aan kom, maar ek wou eers n last resort probeer. Ek het toegang tot email gehad en besluit om vir my ma en Karin te mail. Na so 'n rukkie kom Karin terug na my toe en sy het die Absa personeel aan die lyn aan die ander kant. Lang storie kort, Karin het toe die kaart gestop gekry en ons kon ontspan.
Na n lekker rus het ons so 21:00 die aand afgestap na die Bali Connection. Dit is n buitelug shopping center wat my baie aan Willowbridge laat dink. Dit is natuurlik baie nice. Ek en Tanya kry toe n lekker eet plekkie. Ons het n wonderlike aand ete gehad en toe deur van die winkels geloop. Ek was veral verbaas deur hulle Pringles chips wat onder andere "Seaweed" flavour het. Kan net in Bali wees. Daar was nice goed, maar ons het op daardie stadium te min tyd gehad om rerig te shop. En so het dit ons dag 2 aktiviteit geraak.
- comments