Profile
Blog
Photos
Videos
Elf uur het ons na Swifty toe geloop en begin ry Bloemfontein toe. Alhoewel dit ook vakansietyd is was die pad deur Johannesburg normaal. Geen voorvalle nie. Wel amper. Ons gebruik nou FNB en Engen om die pertol in te gooi. Dan kry mens tot 15% terug. Wel in Ventersburg, toe die petrol naaldjie al laag was, was daar nie 'n Engen nie. Toe druk ons deur Bloem toe. Ons het dit net net gemaak. Ons het by Loch Logan Mall gaan draai om 'n paar goed te koop om na oupa toe te vat. More sien ons hom weer vir die eerste keer in 'n lang tyd. Net nadat ons klaar betaal het by Woolies (so 6pm), toe maak die Maal se deure toe. Ons het toe gaan inboek by die City Lodge. Hulle het gedink ons soek 2 aparte beddens. Na 'n paar minute van soek het hulle vir ons 'n kamer opgespoor wat 'n dubbelbed het.
Hongerste het naderand ingesluip en ons het toe 'n eetplek gaan soek. Almal in Bloem was by Spur, so ons moes nog rond ry en soek. Toe sien ons die karre by Mimosa Mall. Hulle was nog oop! Ons het die eetplekke gescan en toe besluit op Mugg & Bean. Na die heerlike ete is ons Lodge toe en het gaan slaap.
- comments
Jet van Rensburg En jy se nie jy was hier nie,sou jou graag wou sien,maar meskien op n ander keer