Profile
Blog
Photos
Videos
Inverness middedorp
Die weer is na die ligte sneeu eintlik lekker. Behalwe dat ek twee pare kouse oor mekaar dra en n ligte keelseer het.
Na die opwinding en vreeslike gelag en gekuier was ons vandag net in en om die huis. Misti was ook maar bietjie flou en het ons dit rustig gevat.
Dit beteken eintlik dat ons net vandag met ons patchwork gewerk het.Misti is vuur en vlam met haar nuwe materiaal wat sy in London gekoop het. Ons bed quilt wat ek nou maak is wit en navy aan die een kant en lig bloue aan die anderkant.
Vanaand het Misti vir ons die lekerste kerrie gemaak met die beroemde beesvleis blokkies,en groente.
Die dae in skotland is beter as in London. dit is nie hier so aanmekaar grou nie. Al is dit bitter koud is dit meer sonskyn as daar. Alhoewel ons konsep van koue winter net nie hier kan bestaan nie. 7 grade hier se aanvoelbare temperatuur is ver verskillend.
Misti kry ook gladnie so koud soos ek nie en die winkels is baie warm binne. Sy dra somer tipe klere met n baadjie. Ek dra alles wat ek het!
Misti se kerrie of soos ons gesin se - Beesvleis blokkies
500 g Bees se blokkies
1 ui (sy doen alles met n ui)
- comments
Carina Klink te lekker!! Xx Hi C ek is so bly jy lees my blog. Ek het vandag tyd gevat op Misti se rekenaar om die foute bietjie reg te maak. Want ek werk op haar ipad en dis nie so maklik nie. Het nou eers uitgevind dat ek op die comments kan reageer. Werk jy al lekker?
gerard Smal Hi Polla kedolla- jy weet hoe gestrem ek is met rekenaar maar nou het ek in blokkie ontdek hoop dit kom daar uit.OOO! daai kerrie ek is al so lank lus vir dit.Die koue hoe is dit anders? Hi Ger Die boodskappe kruip oral uit dan is dit by blog comments en dan weer by messages. Ek werk ook nie aldag oral die site reg uit nie. Dan is ek op die ipad en sy keyboard is simpel en sensitief en my foon is te klein. Nou is ek op Misti se computer om dit alles bietjie te update e die foute te probeer regmaak. Dit is so lekker as al die mense op die site comment. Ek het dit reg gery om die email adresse op te laai en dan kan ek antwoord. Ek werkbaie en doen baie goed en dinge vir Nonnie. Al die ou huis dinge wat sy graag wil verander en lus is om te doen