Profile
Blog
Photos
Videos
Gisteraand het ons begin met die groot projek om die boonste badkamer te verf en nuut oor te doen. Die kleur is wit met die sagste gedagte van koringblommetjie blou. Misti-Aletia se idee van kleur en kleurskema is absolute die teenoorgestelde van my!
Sy verkies sagte gedempte en subtiele kleure en is n regte sagte somer herfs vrou.
Ons spring toe in met die rollers en kwaste in ons ou klere. Wat n skoonma darem alles vir haar skoonseun sal doen.
Terwyl ons verf gesels ek en Misti een strook as mekaar terwyl die badkamer gedaante verwisseling ondergaan.
Ons maak net al die planne en idees om die nuwe look van die badkamer te laat werk.
Vanaand kom Thys en Mariette van Glasgow af kuier vir die naweek.Ons vermoed hulle het gehoor an die bottel Klipdrift wat ek hier aangebring het.
More oggend vroeg Boeljan ( ons seun) vlieg vroeg in hier na momi toe.
Het spesiaal vir hom koekies gebak
Crunchies
3 k klapper
1 k meelblom
4 k hawermout
2t koeksoda opgelos in kwart koppie melk
1en n half koppie suiker (ek kry nie die knoppie op die keyboard nie)
half t sout#1 t fyn kaneel
3 e goue stroop
Metode:
Meng al die droe bestanddele saam.
Smelt die botter en die stroop saam en voeg dit by.
Roer die koeksoda wat in die melk opgelos is by.
Meng aie goed#Druk die mengsel van in n bakplaar dat dit sowat 1 cm dik is.
Bak dit 25 min by 180 gradeC (and 250 degrees for Mary)
Sny in blokkies
Liefde
Pollie van Pretoria en Prittanje
- comments
Marinda Wat van 'n kiekiekie van die nuwe badkamer? Dis nog 'n fit skoonma hierdie ne? Lekker koffie en daai crunchies saam met julle kan nou doen! xx