Profile
Blog
Photos
Videos
So gaan dit toe, Die drie ure in my knusse stewels,warm broek was n loutere marteling op OR Tambo. Geen mense het nog n tegniek gevind om die drie ure wag om te kry nie. Dit draal en loop en eet en kyk. Maar ek raak nie aan n boek of tydskrif nie. Want netnou sit ek in die blou lug sonder iets om te lees.
Het toe nie sleg geslaap op die vlug van 7 of 9 ure nie,die tydlyn maak my nog te deurmekaar. Nota aan self(onthou om horlosie te verander anders verloor jy jou aansluiting)
Doha is pragtig 7uur in die oggend SA tyd. Woestyn waar die son oor die see loer. Walvisbaai op Steriods! So sou dit lyk as daar n olieveld in die Namib sou wees. Wens ek het beter kon dink en n visa gereel dat ek n dagtoer gaan doen het. Dis net n paar kilos van die lughawe. Die pragtigigste moderne glas en beton skeppings wat uit die woestyn uit oprys. Ons het altyd die idee dat moslem agtergrond mense agterlik is. Hier is dit so skoon en geoorganiseerd en modern. Ek staan vir ses ure oor in die terminaal en sit in die Oryx lounge. Dit het sowat R300 gekos en is elke sent werd. Hier is ligte etes en koffie en tee en self alkohol sou jy wou. Internet,banke,tv en sulke body shaped chairs waar ek rustig twee ure selaap het onder om oor my veiligheid oor my skouer te loer. Ek sou nooit dit in die terminaal kon doen nie. die hoogtepunt (NOTA aan self doen dit weer) Die stort fasilitiet met spierwit handdoek en kokende water en lekker Lux stortgel! mmmmm. Ek het my klein botteltjie Baby splash saam gebring en lyk en ruik nou soos n nuwe mens. NAS(ek het vir my by die huis bietjie tandepasta in n klein ziplock sakkie gespuit) goeie plan
Vandag het ek iets nuuts geeet, Zattar. Ek het dit al vantevore op Libanese brood geeet maar hier is dit in n croissant ingerol. Dit is kruie en spesery wat subtiel geure het wat dit n aout broodjie maak. Baie interessant. NAS( as jy alleen reis is foto neem n probleem
Dis nou koel sowat 20grade alreeds 13 kouer as gister en ek het na die stort alreeds die nodige t hempie onderaan getrek.
Tot later
- comments
Soekie Sjoe jy is so braaf. Baie mooi daar, net nog nooit van dit gehoor nie. Ons braai hier uit en sou defnitief n koue stort en minder klere verkies het. Lekker reis, kannie wag vir die vlgde blog nie. Sussie van die see xx
Ander sussie van die see met 'n groot stand. xxx Geniet dit sommer vir ons part ook. Hou aan skryf! Dit voel of ek 'n reisverhaal lees en ek kan amper jou ervarings ruik, proe en voel. Ek wag ook nou angstig vir die volgende verhaal!