

Rio De Janeiro, Brazil
Na 'n lang busrit van Ouro Preto af, het ons Woensdag (2 dae voor Carnival afskop) aangekom in Rio en sommer 'n taxi gevat na ons hostel toe in Copacabana! Hierdie trip maak ons net weereens dankbaar vir wat ons het, die hostel was in 'n haaglike toestand, maar omdat Carnival tyd so gewild is, het ek al in Oktober die booking gemaak en die goedkoopste plek wat ek kon kry geboek, en dit was nie eers goedkoop nie, glo my... Ma nouja, niks wat 'n bietjie skoonmaak...