

Amsterdam, Netherlands
Na n heerlike tyd in Frankryk was dit weer tyd vir n nuwe avontuur, Duitsland. Ons het besluit om 'n oornag bus te vat vanuit Reims na Mannheim in die suid-weste van Duitsland. Ons moes die bus net voor 12 uur die aand gekry het by die treinstasie. Probleem nommer 1, dit was vrek koud en probleem nommer 2, die treinstasie was al toe! Daar staan ons toe stoksielalleen met ons rugsakkies en wag! Gelukkig was daar 'n hotel naby waar ons kon koffie kry! Net na 12 si...