

Cancún, Mexico
Wat kan ons se, die Caribbean is die mooiste see wat ons al ooit beleef het! Ons het op Valentynsdag in Cancun, Mexico aangekom, ingeboek in die mooiste hostel waar ons nog was in die city centre. Ons het dadelik die bus na Hotelzone toe gevat na die strand toe. Dit was beautiful, letterlik fifty shades of blue!!! En die sand is spierwit en so fyn soos poeier. Dit kom van die koraalriwwe af en word dus glad nie warm in die son nie! Hul maak selfs teels daarvan om...