Profile
Blog
Photos
Videos
Beyers "Round-the-World" in 128 dae!!!!
Na 'n lang busrit van Ouro Preto af, het ons Woensdag (2 dae voor Carnival afskop) aangekom in Rio en sommer 'n taxi gevat na ons hostel toe in Copacabana! Hierdie trip maak ons net weereens dankbaar vir wat ons het, die hostel was in 'n haaglike toestand, maar omdat Carnival tyd so gewild is, het ek al in Oktober die booking gemaak en die goedkoopste plek wat ek kon kry geboek, en dit was nie eers goedkoop nie, glo my... Ma nouja, niks wat 'n bietjie skoonmaakmiddels, 'n nuwe paslaken, my ma se 'inner-sheets' wat sy vir ons gemaak het en 'n wonderlike man nie kan regmaak nie!
Ons het dadelik die pad gevat na Copacabana beach toe, 'n pragtige strand, met sambrele sover as wat jy kan sien. Die Brazilianers weet hoe om te beach... Hul is almal super goed gebou, getan en almal is aktief. Daar is 'n pragtige promenade van 7km waar al wat leef en beef draf, stap, rolskaats, fietsry, ens. Ons het ook ons draftekkies aangetrek en die hordes gejoin. Tussen Copacabana en Impanema het ons baie tyd op die strand spandeer en aan ons tan gewerk!
Ons eerste outing was na 'n favela saam met mense van 'n klomp verskillende hostels. Daar is meer as 700 favelas in Rio, dis soos ons shack dorpies maar met bakstene gebou ipv sinkplate en dit gaan op boontoe, elke familie bou 'n vloer bo-op die vorige een, omdat Rio so bergagtig is, daar is nie spasie nie. En al die kinders speel met vlieers! Het my baie herinner aan die storie "Kite Runner". Van die 700 favelas is slegs 35 onder polisie beheer. Die res is almal nog druglord country. Dis nogal scary, die polisie gebruik geweld om 'n favela onder beheer te neem. Ons het as 'n groep deur die favela, Rochina, gestap. Baie van die geboue is kleurvol geverf en met die kinders wat so vlieer speel was dit eintlik 'n mooi prentjie. Hierdie trip het ons perspektief gegee van Brazil en wat hul grootste probleme is.
Vrydag was Carnival opening om 13:00 die middag. Oral in die stad is straatpartytjies wat bestaan uit 'n trok met 'n samba band op wat musiek maak en sing (skree)vir die hordes mense wat hul volg. Samba musiek is seker iets wat mens aanleer, mar vir ons was dit net n geskreeuery! So loop en kuier en sing en drink almal dan die strate af. Leterlik kilometers vol mense! As ons dalk so 5 jaar jonger was, so ons ook deel hiervan kon voel/wees, maar Charl kon die kaal mansbolywe wat teen hom skuur nie verdra nie en vir my was die stank van urine oral net te erg. So ons het sommer vinnig besluit die streetbands is nie vir ons nie. Almal het 'n snaakse ding op die kop, 'n masker of selfs 'n volledige kostuum van een of ander karakter. Dit asof dit 'n unspoken rule is, almal van oud tot babas tot selfs die honde en katte het iets aan! So ek en Charl het vinnig vir ons 'n hoed en 'n masker gekry...
Die aand het ons gereel om weer vir William, ons ou vriend wat ons in Argentinie ontmoet het, te kry. Ons het in Lapa, 'n distrik wat baie restaurante en kuierplekkkies het, heerlik by 'n pub gesit en 3l bier drink terwyl ons al die hordes aanskou wat nogsteeds streetparty hou. Later het ons by 'n klein nightclub ingegaan waar 'n klein samba orkes gespeel het en was dit nou groot pret! 'N local man en sy vrou was uitstekende dansers, ek kon nie help om hul passies te probeer namaak nie. Voor die aand om was het ons nuwe vriende gemaak, 'n samba les onder die knie en sommer 'n rondte op die dansvloer. Dit was vrek lekker! Die caprinhas het ook geloop soos stroop! Nog 'n heerlike kuier saam met William, hoop ons loop hom weer raak eendag!
Een van ons hoogte punte in Rio was sekerlik die Christ the Redeemer standbeeld. Dis waarlik 'n pragstuk beeldhouwerk. Ons het klomp fotos opgelaai dat jul kan sien. Mens kry ook 'n baie mooi prentjie van die stad en hoe mooi Rio is.
Saterdagaand het ons na 'n Carnival rehearsal toe gegaan by Salguero samba skool. hier kom al die mense wat die samba skool ondersteun bymekaar om gees te vang en 'n voorsmakie te kry van wat vir hul wag op die aand van die Sambadrome. dit was 'n regte local byeenkoms, baie lekker en interessant om te beleef. Die mense ondersteun hul Samba skole net so passievol soos hul hul sokker spanne ondersteun! dis crazy! Maandagaand was die groot Samba parade in die Sambadrome. Dit was 'n belewenis! Hoe dit werk is 12 samba skole kompeteer teen mekaar met hul danse, musiek, kostuums, vlotte, ens. 6 tree die Sondagaand op en 6 die Maandagaand. Hierdie mense spandeer letterlik miljoene op kostuums en vlotte. Tuks jool kan gerus 'n paar idees daar gaan kry, daardie vlotte is ongelooflik! My gunsteling was Manguera, hul het 'n treinstelsel wat die noorde van Brazil graag wil he, uitgebeeld met kleure in pienk en groen. Charl het van Beija Flor gehou, hul tema was perde en die nut wat perde als het vir die mensdom. Ons was daar van 9pm tot 5am en daardie mense was nogsteeds nie klaar of moeg teen die tyd wat ons gegaan het nie. Ek se jul, die brazilianers het never-ending energie!!!
Dinsdag het ons net gerus en herstel van al die geparty en ons skildery gekoop! op die promenade was daar elke aand kunsuitstallings en vlooi markte. die skildery met die wereldkaart het al vroeg in die week ons oog gevang. dis die perfekte souvenier vir ons trip om die wereld en werklik 'n mooi prentjie... Woensdag was ons lang busrit terug Sao Paulo toe. O ja, gepraat busse, die busdrywers in Rio is crazy, hul ry soos maniake! Charl se nogal dis erger om in 'n Rio stadsbus te ry as om op 'n tube agter Carel se boot te wees!!
3 weke in Brazil was 'n belwenis. Dis so mooi land, die mense ongelooflik vriendelik en behulpsaam. Dit was ook die tydperk wat ek en Charl aangepas het by ons trip en besef het waarmee ons besig was. Emosioneel is dit nogal 'n uitdaging, maar nou is ons in die ding en gewoond aan ons pas waarmee ons travel. Elke dag bring nuwe uitdagings en verrassings, ons gryp elke oomblik ten volle aan en ons sien uit na die volgende 3 maande. Presies een maand is nou al verby!!

- comments