Profile
Blog
Photos
Videos
Wat kan ons se, die Caribbean is die mooiste see wat ons al ooit beleef het! Ons het op Valentynsdag in Cancun, Mexico aangekom, ingeboek in die mooiste hostel waar ons nog was in die city centre. Ons het dadelik die bus na Hotelzone toe gevat na die strand toe. Dit was beautiful, letterlik fifty shades of blue!!! En die sand is spierwit en so fyn soos poeier. Dit kom van die koraalriwwe af en word dus glad nie warm in die son nie! Hul maak selfs teels daarvan omdat dit so wit is met stukkies koraal in en lekker koel bly.
Ons het sommer die middag al ons eerste tacos en burritos gaan eet by PikNik. Ek moet se, as daar nou een website is wat mens kan vertrou vir goeie reviews op plekke en dinge, dan is dit Tripadvisor. PikNik is 'n klein family run mexikaanse restaurantjie met die kleurvolste tafeltjies in die straat. Die kos was heerlik! Het opnuut besef ons is mal oor mexikaanse kos! Die margaritas en tequila is net so lekker! Suz en Jason, ons het jul baie gemis hier. Om te dink toe jul ons Panchos toe gevat het, het ek nog nie eers branderige kos geeet nie!! Ons sal dit definitief nou weer moet doen as ons in die kaap is...
Aangesien dit valentynsdag was, het Charl vir ons 'n bespreking gemaak by La Habishinela, 'n tradisionele mexikaanse restautant wat nr.1 gerate is op tripadvisor. ons tafel was in die sanderige courtyard en orals was fairylights en Mayan kuns. Ek kan opreg se dit was 'n droom van 'n Valentynsdag! Dankie my engel!
Ons het 3 dae in die city centre gebly en daar rondgeloop tussen die parke en dinge. elke aand was daar een of ander vertoning of uitstalling, met streetfoods en goedjies te koop. het die lekkerste quesedilla daar geeet. Ons het ook elke dag strand toe gegaan, maar het so bietjie gevoel soos scavengers. Die hotelle besit omtrent die hele strand, as jy nie in een van die hotelle bly nie, kry jy nie 'n sitplek op die strand of iets te koop om te eet of drink nie of selfs nie eers 'n badkamer nie! so ons het toe net besef ons moet net in een van daai hotelle inboek om ook die pragtige oseaan uit die kamervenster te kan beleef en die mooi strande ten volle te geniet.
Ons het een dag bietjie gaan rondshop tussen die hotelle om te kyk watter een lyk die beste vir die beste prys, maar trap ons toe omtrent in 'n strik... Die een hotel wou nie dadelik vir ons die inligting gee wat ons gevra het nie, maar gese ons moet 10uur terugkom vir 'n free breakfast en iemand wat ons dan sommer sal rondwys en vertel oor die hotel. Wel, die ontbyt was heerlik, ma net voor ons klaar geeet was, se die man toe die is 'n sales presentation. Ek en Charl het dadelik onraad gemerk, maar tog voortgegaan om na die man te luister. Na 'n 2 ure lange toer deur die hotel se luukste kamers en 'n video en die man se vraag of ons sommer nou wil deel raak van die hotel se membership, toe besef ons eers dat ons nou hier in 'n ding is. Ons wou toe nie ongeskik wees en dadelik wegkom nie, maar toe ons op die ou einde in die man se kantoor sit en besef hul sal ons nie laat gaan voor ons nie die membership koop nie, het ek gevoel soos 'n ingehokte dier! Ons het gedurende die toer al vir die man gese dat ons nie nou enigsins so iets wil koop nie, maar ons sal dit oorweeg in die toekoms. Groot fout, ons moes net daar spore gemaak het! Daar in sy kantoor het ons weer gese nee dankie, ons stel nie belang nie, toe raak die man erg verbouereerd en roep se baas nader om te kom help met hierdie 'situasie'! Hy wou net eenvoudig nie nee vir 'n antwoord vat nie! Dis was ongelooflik om te sien hoe so 'n goeie verkoopsman heeltemal van sy werks-etiek vergeet en letterlik paniekbevange raak! Ek dink as ek nie op daardie oomblik die deur na die uitgang raakgesien het en dadelik net opgestaan en geloop het nie, sou daar sulke ysterhokke om ons toegevsl het en hul sou ons eers laat gaan het as ons die membership koop! Ons kon nie glo hoe stupid ons was om in die strik te trap nie, maar nadat ons seker was ons het ver genoeg weg van die hotel af gestap en niemand agtervolg ons nie, het ons tog gelag en gedink aan die heerlike ontbyt wat ons gekry het!!!
Ons het toe maar besluit om ons budget te skroef en ingeboek in Gran Caribe Real Resort, 'n all-inclusive hotel vir 3 dae! Was so lekker om in 'n luukse hotelkamer in te stap met super skoon beddegoed en 'n pragtige badkamer, en weereens 'n hangmat op ons balkon! Ons was in ons element!! Ons het letterlik net ontspan op die heerlike beddens op die strand amper in die see en cocktails gedrink en saam met die klomp Kanadese wat ons daar ontmoet het, gekuier. Ons wou van die wateraktiwiteite doen daar en gaan club een aand, maar het besef ons is nou midde-in toeriste area waar al die tipe van goed vrek duur is. Aangesien ons budget nou klaar skade gekry het, het ons maar net aangehou om te luilekker te verkeer langs die pragtige oseaan. Ons het wel die lekker local mexikaanse restaurante in die city centre begin mis met hul heerlike tacos en margeritas. Die laaste middag het ons toe weer by PikNik 'n draai gaan maak (hotelkos all-inclusive of te not). Ons het besef dat die all-inclusive dinge nie heeltemal vir ons is nie, ons is te lief vir lekker authentic kos en goeie drank.
Mexico was net wat ons nodig gehad het om te recharge vir die res van ons trip, dit was presies 6 weke in ons tydperk van travels in. Ons was reg om aan te beweeg na 'n eerste wereldse land waar alles in engels is en mens actually die toiletpapier in die toilet kan wegspoel en nie in die emmertjie langsaan moet gooi nie... Maar ons sal graag eendag wil teruggaan Mexico toe om meer van die land en sy kultuur en sy mense te ervaar...
- comments