Hello, I need you help
I am living in Mongolia - UB and I need to go to Erlian in order tho change my Mongolian Visa Type but I am quite lost
Do you know someone from Erlian?
Thank you in advance
Werner En Sybil
Hi Julle!!
Baie geluk met julle verjaarsdae!! Ons hoop julle het baie lekker dae gehad!! Mag die jaar wat voorle vol seen wees!
Groete W&S
Margarethe
Helo boeta.
Ek het nie vergeet van jou verjaarsdag nie,ek het die heel dag aan jou gedink, maar het nie by die gym uitgekom om 'n boodskappie te stuur nie. ek hoop julole toer lekker nog. ek het uiteindelik 'n email adres gekry, dis [email protected]
jy kan vir my email as jy 'n kansie kry. lekker kuier verder. baie liefde
Margarethe
Haai daar! China klink amazing. hoop julle het die trip deur Mongolia geniet. ek kry gereeld al die nuus by pa en ma. ekt maar vir my 'n personal trainer aangeskaf om bietjie te help met die gym sessies. sit nou hier bloed rooi in die gesig en sukkel om asem te haal.
Die wind waai verskriklik hier in somerset wes, maar dit begin elke dag 'n bietjie warmer word. Ek en Fred gaan vir my vakansie in november Pine lake marina toe, sien baie uit om 'n rus kansie te hê. Ek hoor julle gaan vir ouma kuier, eks so jaloers.... sy gaan dit so baie waardeur, ek hoor sy sien baie uit na julle koms. mis jou baie boeta. baie liefde meggie
MA
lekker gelees en haal hoed af vir die sowat 40 km met fietse gery - wat 'n amazing experience moes dit nie wees nie - so rural soos kan kom. huis moes more 31 aug klaar, maar gaan seker eers einde sept klaar wees, het vanaand 'n foto gestuur. Vonnie geniet haar werk in Engeland en Megz werk maar baie hard in Hottentots Holland - die varkgriep het al meer as tien mense hier geeis. Is dit in China ook?
Karin
Wow - lyk of jul die mees amazing tye ooit het! Wens ek kon tyd kry om als op facebook te lees! Jul het regtig `n gawe om jul ondervinding so goed in woorde om te sit! Mis julle baie! Wanneer kom jul terug?
MA
ai my arme hart, worry juis dat jul nie voor busse ens inloop nie!! pas jul tog mooi op en maak 2xseker voor straat oorsteek, mens registreer dikwels nie als nie en werk op 'n soort autopilot. Skote petoors, ek geniet die blog vreeslik en toer saam, skryf al die detail, dis so interessant. Hoop gaan boek skryf wanneer terugkom luvies M
Neil
Hai julle - Ek het nou eers deur al die album van fotos geblaai om bietjie op te vang met die visueele raampies, en dit blyk terdee dat julle die "reis van 'n leeftyd" daar in die land van Confucius opgesaal het! Uitstekend blog ook, lekker lees stof om so in 'n virtuele sin julle "Illiad" mee to maak. Hoop julle gaan ook lekker by Ouma in NZ en elders kuier - wees veilig en geniet elke oomblik soos goeie rooiwyn en 'n kaggelvuur :-)))
Yvonne
het vanaand weer met Vonnie gepraat, ons praat so elke 2de aand. Sy werk by tannie van 102 jaar op 'n plasie, duur 35 min om in dorpie te gaan koskoop, ens. Hul woon in ou cottage uit 1700's en Vons se snaakse dinge gebeur, dalk is daar 'n spook wat loop. Sy gaan hopelik vir haar 'n laptop koop dan kan kommun lekker loop. Marg is weer siek (dikwels na spoed) ek dink haar gestel is baie af, die eerste persoon is dood aan varkgriep in SA - baie tragies 'n 22jarige matie - oom Scottie het sy begrafnis Sat in Stellenberg gehou - ons het Sat by delene hulle Danie se verjaarsdag gevier. Het vanaand weer heerlik gelees aan al jul wedervaringe - mooi man Pieter (soos Jurgens Schoeman sou se) - dis veral nice dat jy die detail ook vertel. Wens ek was vlieg teen muur toe almal hul volksliede gesing het - moes mens seker hoendervleis gegee het. (hoop jul hou boek van al die travel-kennisse en bou 'n groot internasionale vriendekring op)
Eon Van Wyk
Hi Julle, die blog is darem baie professioneel, goeie werk Vlos! Dit voel amper asof mens 'n geplubliseerde werkstuk lees. Ek reken dit help ook seker om die belewenis te bewaar. Ek en Carla is op die punt om ons eerste huis te koop. Ek reken ons gaan vir die eerste jaar elke sent moet omdraai, maar van daar af behoort dinge beter te loop. Net jammer Investec is nie tans te gewillig met hulle koerse nie. Verder gaan dit nog besig aan hierdie kant. Ons het besluit om nou in September 'n breek te vat, juis vir die trek en 'n wegbreek van die lang ure op kantoor. Dan is daar ook die voorbereiding vir die vroeg opstaan in die oggende en die verkeer. Jou Pa het 'n paar wyse woorde gespreek en ek reken julle ervaring sal nog vrugte dra in die toekoms. Mag julle dit aanhou geniet. Klink my julle beplan nou om die toer te verleng na NZ en Aus? Ons verlang darem nou al kwaai na julle.
Nou ja, voorspoed en veilig reis!
Margarethe
Hello daar. ek email julle weer hier vanuit die gym. dis lekker koud en dit reen hier in die kaap. ek en fred gaan 'n bietjie montagu toe die naweek, miskien 'n draai maak by die warm water bronne. dit klink asof julle 'n amazing tyd het. geniet dit baie, 'n mens kry nie elke dag 'n kans om so te kan toer nie. ek slaaf maar af in die hospitaal, verder nie veel nuus. baie liefde ousus
PA
Volg julle roete. Dit lyk asof julle groot spore trap in die vreemde en daagliks van die een ervaring na die ander opwinding beweeg. Geniet dit ten volle. Soos ek destyds gesê het sal julle nooit weer so jonk met so min verantwoordelikheid en verpligtinge in julle lewe wees nie. Die tyd is nou en terwyl die resessie duur en daar in iedergeval geen werk is nie moet julle maar voetslaan in die vreemde. So in plaas van niks doen nie moet julle aan die beweeg bly. Carpe diem, gryp die oomblik en geniet die wonderlike geleentheid. Globalisering is die in ding en en om 'n "globe trodder" te wees is ook 'n stuk groei en vorming van julle menswees. Dit geen julle net 'n wyer verwysingsraamwerk. Ouma is klaar "opgelaain" vir julle aankoms in NZ, en het al die motor afgestof en die tenk volgemaak. Beplan ook reeds om 'n metgesel na Australiê te wees na Marina en Steven. Julle sou ook by Hester en John in Adelaide 'n draai kon gaan maak. Goeie kontakte vir werkverskaffing as die resessie opklaar. Ek dink die son het reeds deurgebreek. Ek en Margarethe het 'n baie lekker tyd in Athene en die Middelendse (Egeise) see gehad en onderandere Patmos en Kreta Santorinie Efese ens besoek. Ek en Vonnie was ook in Skotland /Edenburg en Wallis. Die huis is byna klaar en lyk "stunning". Groete en baie liefde. Pas julle op en geniet die voorreg. die Here het vir ons 'n mooi wereld gegee.