hallo! ons is nou terug van namibie af. Dis verskriklik koud in die Kaap! ons sal graag wil hoor hoe gaan dit met julle, ons kry julle nie op skype nie. Almal by die huis mis julle baie! baie liefde!
Sybil
Hi julle!
Ons is ook al weer terug van ons St Lucia vakansie. Dit was vreeslik lekker gewees.
Dit was lekker om so vir n week bietjie warmer weer te he (ek is sommer lus dat ons soontoe trek-julle weet hoe "mal" is ek oor die winter).
Ons het lekker geswem, gesnorkel, op n boottrip gegaan en was in die wildtuine. Dit het my favourite dinge gekombineer-die wildtuin en die see.
Julle het seker Marle se mail gekry oor dat hulle Thailand (ens.) toe gaan einde van die jaar. Ons oorweeg dalk om saam te gaan, so ons klomp sal ernstig moet vergader wanneer julle 2 eendag terug is. Ons het input van die EXPERTS nodig!
Groete
Jovonne
Hey julle twee!! Hoop julle toer nog lekker. Ek en pa kyk nou die tennis.My housemate het vir my en n vriendin kaartjies gegee vir Wimbledon,(hy doen sy prakties vir ground keeping daar). het verlede Maandag gegaan en Federa en Safina se matches op centre crt gekyk, was awesome!!! Kuier by Charmaine se huis. Ek gaan nou na Jana in London en pa vlieg Dinsdag terug:-( Nways Pa stuur groete en se jul moet laat weet van jul.
Liefde Vons.xx
Yvonne
sjoe maar dit reen en storm innie kaap. eks heeldag nou op site kom stadigaan maar al die deure lek onderdeur het groot probleme met dit. pa en megx op boottrip in med, na mykonos, kusadasi (turkey), rhodos, kreta ens. ek manage bouprojek maar soe, murphys law werk soos 'n bom - if anything can go wrong it will! saans van 6 tot 9 werk ek en riette aan admin sal weer dunrose goed stuur. . luvies tot later
Eon
Hi julle "getande" mense!
John en Yolandi het laas Saterdag getrou en ons het feestelik gekuier tot in die vroee oggend ure. Streep, Anlo, Werner, Vian, Ewald, Riaan, JJ en almal wat voorheen oorsee was het ook die groot dag meegemaak.
Maar, ja ek is baie jaloers op julle groot toer van die ooste. Ek brand om van my verlof gebruik te maak, maar ongelukkig moet Carla maar vas byt tot volgende jaar wanneer sy weer verlof het.
Het julle dalk al afgekom op 'n paar goeie specials vir Nikon kameras?
Wanneer kom julle weer terug RSA toe, ons mis julle vreeslik!
Groete,
Eon en Carla
Phia Le Roux (Van Helden)
Hi Leanne
Hoop jy onthou nog wie ek is...?
Jou sus het my op facebook opgespoor en julle blog link aangestuur! Die wereld het klein geword. Ek het julle blog bietjie gekyk en dit lyk ONGELOOFLIK heerlik!
Maak gerus kontak later...wanneer jy weer 'n minder opwindende lewe het en tyd het vir eposse aan laerskoolmaats!
Groete
Sybil
Hi julle!
Lyk my julle het FUN FUN FUN! Laat ek nou nie eers begin met hoe jaloers ek is oor julle sonskyn nie! (Ek is nou al vir die 2e keer in 1 maand siek!!!)
(Ek weet nie of die ander mense dalk ook sukkel nie, maar hierdie is die 1e keer wat ek kan regkry om n message te stuur. Vorige kere wou dit nie oopmaak nie)
Hierso gaan alles baie goed! Ons raak al lekker opgewonde oor ons St Lucia trippie oor 2 weke! Ek en Wern het Saterdag ons 6 mde anniversary gehad en Sondag het n klompie van ons gaan wyntoer!