Profile
Blog
Photos
Videos
Loop vandag in Prague rond... Dis ver onder vriespunt en ek het omtrent 6 layers klere aan - voel soos 'n orosmannetjie...
Maar die stad vol marionette, bier, nostalgia shops en beautiful geboue, musiek en sy mooi kasteel betower my. Ek wil net in nog 'n paar stegies verdwaal...
Ek het omtrent 'n uur en 'n half in 'n junk winkel spandeer... Het eintlik besluit ek gaan dit begin nostalgia shops noem... Anyway - het heerlik gesels met die eienaar van bric a brac... Gesels oor die beautiful duitse koffie blik van die 1930s.. Vir net 12000 krone - omtrent R5000! Hy vertel stories van d stunning lokomotief nommerplaat, die ceramic opwen horlosie en die stunning 'signs'... Bier signs, straatname en advertensieborde - lank laas so baie mooi signs gesien. Hy vertel d storie van d czech oorsprong van 'roll out the barrels' en vertel my van 'n junk... ag ek bedoel nostalgia mark way ek more sal gaan verken...
Ek sit in 'n jazzy pizzeria met beautiful ou spieels, radios en ligte. Die een tafel het 'n gehekelde ronde tafeldoek. Ek eet goulash sop en drink 'n local bier (uit die regte Krusovice glas) - so ek's happy. Daar het sopas 'n fancy amerikaanse poppie tannie uitgeloop en die kelnerin gegroet. Ek hoor due kelnerin se toe "good luck with life". Seker glad nie wat sy gese het nie (seker iets in czech wat so klink) maar ek hou van die groet soos ek hom gehoor het...
Ek verken verder... Dis BAIE koud! Ek ontdek d mees stunning notaboek en ek kry ek inspirasie om notaboeke te create met kaarte, poskaarte, ou fotos en quotes. Ek koop 'n boek 'me, myself & prague'. Dit gaan oor 39 jarige australiese girl wat besluit om vir 'n jaar in praag te gaan bly... Klink nice en sien uit om haar experience te deel... Dalk as Czech nie so moeilik was en dit nie koud was nie... Maar vir eers het ek nog 'n paar dae van verken...
- comments