Profile
Blog
Photos
Videos
Het vroegoggend gaan rondloop in Rabat medina om bietjie fotos te neem... Love die wakkerword tyd in die medina.
Wat my vanoggend opgeval het is die slotte... 'n Slot is eintlik nogal 'n gelykmaker - al wat mens weet as jy na 'n slot kyk is dat daar iets is wat iemand wil beskerm... Wat lyk soos gemors vir een persoon is dalk 'n ander persoon se kosbare besittings... Neem 'n paar filterfoto's van slotte - en wonder wat als agter die slotte wegkruip.
Terug riad toe vir 'n lekker riad ontbyt - koeikasies... Pannekoekbroodjies en lekker rnoroccan ronde broodjies. Reg vir explore en van die tram Sale toe... Weet nie eintlik wat om te verwag nie maar loop bietjie rond on die medina en neem 'n paar mooi fotos. Beautiful wasgoedlynfoto.
Lekker middag van verdwaal in die medina. Shop bietjie - koop argan oil... Die eenvoud van medina life val my weer op... Loop rond in die kasbah en verken pragtige blou straatjies en deure. Ontdek 'n stunning huge begraafplaas - stunning leplekke met die mooiste view!
Verhuis na die Sofitel hotel. Baie fancy. Bederf myself met 'n heerlik hammam en massage!
Die eenvoud en weelde is in kontras... en ek dink hoe beautiful d eenvoud ook is...
- comments