Profile
Blog
Photos
Videos
Van Moscow na Singapoer het ons 'n marathon vlugte gehad! Moscow - Dusseldorf - Abu Dhabi - Bangkok - Singapoer. In Bangkok het ons 'n 12 ure stopover gehad of kom ons noem dit: 'One night in Bangkok!' Ons het ons sakke in lockers gesit en gaan shop/explore! Aangesien ons nou weer in die somer was, moes daar dringend kortbroeke gekoop word! Die winkels en markte was duurder as verwag, maar ons het darem die nodigste gekry. Die kos en bier was gelukkig goedkoop. Die volgende oggend 5 uur moes ons reeds op die lughawe wees, so toe ons 11 uur die aand klaar geshop was het ons besluit om die hotel sommer te skip en te deurnag! Dit was toevallig Songkran (die Thaise New Years) daardie naweek en oral was mense met watergewere! Ons het ingeval by die feesvieringe in die backpackers area, Kao San, en lekker saam gekuier en party tot dagbreek en maar op die lughawe en vliegtuig geslaap! (Al ooit daardie backpackers gesien wat slaap op die lughawe stoele? Well, we have been there and done that!!)
In Singapoer aangekom sien jy dadelik die verskil, alles is skoon, mooi en nuut! Waar pas Singapoer in ons trip? My broer, Jaco en Monja bly al so 2 jaar hier. En hulle het 'n seuntjie ryker geword vandat ons hul laas gesien het. Wat 'n pragtige mannetjie! Marnus is nou 5 maande en Mignon 2 jaar! Hoe groot word hulle nie? Mignon praat en hardloop orals rond en gaan al skooltjie toe. Wat 'n vooreg was dit nie om tyd saam die twee kleintjies te spandeer nie! Aan die einde van die kuier het Mignon uiteindelik vir my Oom Charl en nie Barnus gese nie! (Dink Barnus is voor in die cool oom resies!)
Monja het ons Mustavas toe gevat vir shopping sowel as bederf met heerlike gekookte kos! Hier het ons uitgepak en net weer gechill! Koffie en beskuit! En ons het selfs een aand Angus steaks op die kole gebraai! O ja, my ma het vir ons 'n tassie gestuur wat ons gepak het 4 maande terug in Suid Afrika. Was soos 'n Lucky packet met van ons gunsteling klere en plakkies! Jaco het ook gereel om van die jasse en bootse terug in SA te kry! Vrydag het Jaco af gevat. Ons het Water World toe gegaan op Sentosa Island, 'n reuse waterpark met super-tubes en 'n see soos by Sun City! Hier het ek en Jaco soos 20 jaar terug by Wonder Waters al wat 'n super-tube is gery! Tot klein Mignon het op die rustige tubes gery en die water klimraam baie geniet. Hier het ek net weer besef hoe belangrik is familie en dat dit die klein dingetjies in die lewe is wat die lekkerste is!
Soos enige sport het jy beserings en met ons trip was dit ons huis in Witbank. Wat 'n gemors. Grinaker het net die een storie op die ander gehad oor hoekom hulle ons nie betaal nie, dit terwyl hulle in ons huis bly! My pa het ongelooflik baie moeite gedoen en honderde oproepe later moes ons ons draai na 'n prokureur om die huurgeld uit Grinaker Lta uit te kry!! Ongelukkig het hierdie gemors 'n klimaks in Singapoer bereik. Maar traveling is nie vir Sissies nie. Dankie Jaco en Monja vir julle wifi en geduld en Pa vir al die moeite! Weet nie hoe ons kan dankie se nie!
Na Bali het ons weer vir die naweek kom kuier! Sir het vir ons heerlike skaap tjops en pap en sous gemaak! Brandewyn en coke proe darem soos huis selfs daar in die volksvreemde! O ja, en met die 'Afrikaans is Groot' Dvd in die agtergrond! Saterdag het ons op die Singapoer rivier gevaar en sight seeing gedoen en net lekker gekuier saam die familie! Uiteindelik weet ek ook nou waar kom die calamari ringetjies vandaan - Jaco het vir ons vars Calamari/inkvis gebraai! Dit was heerlik verby en die geheim..... Jul sal maar moet kom proe by Kiewiet plek nr.5, Bankenveld!
Dankie Jaco, Monja, Mignon en Marnus. Dit was heerlik om by julle te kuier!
- comments
Charlene julle kon seker ook by gese het bloed is dikker as water! ja dis Ma wat kommentaar gelewer het!!! maar dit doen my goed om te hoor en sien hoe julle mekaar ondersteun DANKIE!!!!!