Profile
Blog
Photos
Videos
Arrival!
Bucharest, Romania
Niks besonders op die vlugte nie, maar nadat ons afgeklim het, het ons ons eerste fout begaan om 'n taxi te vat van die lughawe af vir, uhm, 70 Lei (R210) om ons 7km ver te vat.
Aangekom by die Youth hostel (die Umbrella hostel) vra ek die ouens uit oor hulle keuse om aan ons die taxi's voor te stel as vervoer tot by hulle - bleikbaar moes ek die regering se taxis gebruik het, nie die taxis wat reg buite die lughawe staan nie. Dis seker 'n ooglopende feit as jy 'n Romeinier is, want die ouens het dit met 'n redelike rol van die oe gese.
Nie dat die Taxi drywer eintlik geweet het waarheen om ons te vat nie. Hy het ons eers ingelaai en begin ry. Daarna, in die ry, al langs 'n ander taxi gery, venster oopgedraai en bo die geraas van engines en Rod Stewart die aanwysings aangevra. Ons het maar Google Maps byderhand gehou.
Nadat die taxidrywer ons 60 lei ge-quote het, betaal ons toe met die aankoms met 'n vaste 100 lei. Ons het 30 lei teruggekry en 'n "Mercy, mercy" en weg is die taxi drywer.
Dis moeilik om 'n vat te kry aan wat Romenie is. Eerste of Derde werelds? Wel af of sleg af? Soos ons stap deur die strate, is 'n fraai straatkafee met sonbril- en langsigaret tannies wat gretig sit en kwetter teen die straat, teen die agtergrond van lang geboue met vervalle woonstelle en vuil, vuil mure.
Graffiti is byna teen elke gebou gespuit. Ek het besef lande met mooi graffiti het dit dikwels teen die koste van hope, hope spraypaint skribbelinge teen elke muur wat nie onder die oog van sekuriteit of CCTV kameras is nie.
So vanaand is rustig - die hostel is vol mense wat hulself met laptops besig hou (ek hoop ons kan eerder vanaand erens 'n lekker bordgame inpas) en ons het 'n bier aangebied vir 'n Skot wat pas begin het met sy 3 week lange treintoer deur Europa.
Hope jong Romeinse mense in die strate. Maar die Romeine se Engels is maar krapperig, sal nog sien of ons met hulle oor die weg kom!
Goeies :)
- comments