Hi daar sus en sus se lief. Ek mis julle ongelooflik baie, ons gesels darem ook nooit met mekaar nie. Dit lyk darem of dit goed gaan net dalk bietjie baie koud. Dit gaan ontsettend goed met die studies en ek geniet dit ongelooflik baie. Die koshuis verbiet mens net om uit te gaan so ek het nie veel van n studente lewe nie, en die ouens op die kunste kampus is almal guy of baie weird so ek het ook nie eens n oulike ou ontmoet nie. Hierdie is die eerste naweek in 3 weke wat ek by die huis is en dis vir my baie baie erg gewees ek het so huis toe verlang - nou kan ek glo hoe jul moet voel. Maar dit lyk darem of julle alles baie geniet en soveel nuwe plekke gaan sien. Ek hou van julle ou klein karretjie wat julle vir julle self aangeskaf het - ek hoop hy ry lekkerder as die ou geel golf? Ek het vir my die een foto van Lala geprint waar sy blykbaar haar eerste paar skoene gekoop het - dit klink so baie soos die ou sy. Buiten die vaal weer lyk dit darem baie mooi daar en ek hoop julle geniet dit baie. Nou dat ek weet van julle website sal ek ten minste ook meer van julle kan sien en hoor. Mis julle baie en ek hoop dit gaan absoluut fantasties met alles daar - sal gou weer skryf.
Lovies Monique
Veronica
Hi my kinders lyk of julle baie lekker bly net baie lelike strande hoe kan mens daar tan? Ek kon nou vir die eerste keer die fotos bekyk ons hier by Theo en hy was so gaaf om vir my paar van die fotos te print. Ek sal net meer van die trou fotos wou sien. Ek so jammer ek kon nie daar gewees het nie. Julle het dan niks van die onthaal geneem nie. Of is al die gaste in Suid Afrika?
Ek is so bly julle maak gebruik van elke geleentheid om dinge te explore en darem tyd om bietjie rond te gaan. Dit lyk net hel koud by julle. Gaan nog baie goed met almal in Benoni, Pretoria, Kempton Park en oral.
Jannie
Dagse, gaan dit goed? Dankie vir die mooi foto's, ek en Maritza is omtrent groen op julle! Ons is aan die gang met werk en oefen, sy is al amper reg om haar eerste Comrades te doen. Ek te lui nou maar sal volgende een mee maak. Ons dink aan jul en wil net se geniet dit, lyk i.e.g nie of dit nodig is nie? Maak dit mooi, praat jul later. J&M
Charl En Lalla
Hi almal
Hier is nog foto's geniet dit.
Johnny
Hallo
Ek is bly om te sien julle lewe darem nog. Ek hoop julle het darem vir ons ook choclates oor gelos. Charl jy moet skeer asseblief, die pommies gaan jou toesluit.
Ek sien baie foto's van die mollenium wheel, wanneer neem julle 'm foto van binne die ding.
Praat later
Groete
Johnny
Charl En Lalla
Hi julle almal.
Ons het weer foto's opgesit. Geniet dit.
Rudi
Hay julle SA verlaters, hoe gaan dit daar in die lekker koue Londen. Dis maar lekker warm hier, die mense in die noorde sukkel so bietjie met droogte.
Ek het nou geskuif na die development kant toe, sien baie uit na die challenges wat nog voor lê. Anders is ek maar stil, nie veel wat aan gaan nie.
Hoop julle geniet dit nog,
Groete
Rudi
Charl En Lalla
Hi almal - ons het nuwe foto's op gesit. Hoop julle geniet dit.
Johnny
Hallo Julle
Wil net hoor hoe dit daar met julle gaan. Die weer is seker lekker daar hehehe.
Ek hoop julle kyk mooi na julle en doen niks wat ek nie sal doen nie.