Profile
Blog
Photos
Videos
Na 2 kort vlugte van Dallas Forth Worth, het ons vir Aster, haar ma en klein Jasper op Chicago se lughawe ontmoet. Weereens was dit so lekker om nie te sukkel om uit te figure hoe gaan ons by ons blyplek kom nie! Chicago was spierwit van die sneeu, Snowstorm Rocky is daardeur net een of twee daggies voor ons daar aangekom het. Dit was prentjie mooi, regte dik sneeu orals op die mooi houthuise se dakke, die dennebome se takke. Al die damme en klein riviertjies was toegeys.
Aangekom by hul huis in Waukegan, Illinois, tussen Chicago en Milwaukee, het ons regte Chicago style pizza geeet, dit het 'n dik kors met baie tomatopaste op. ons het die volgende dag weer gaan shop vir wintersklere, goeie sales gekry! charl was in 'n huge outdoor/bass winkel. ek moet se, dit was selfs 'n mooi winkel vir 'n girl. ons het Bobby se ouers ontmoet, baie aangename Amerikaners. Die oom het vir ons Venison wors gegee om te proe en dit was regtig baie lekker. Ons het ook by Lake Michigan omgegaan. Die hele area waar die bote gewoonlik dock was toegeys! Ons het uitgestap op die pier, die lake is so groot mens kan glad nie die anderkant sien nie. Toe ons terugstap kar toe, was ek bekommerd dat ek frostbite in my neus se punt gaan he, dit was so ongelooflik koud gewees! Saam met die windchill was die aanvoelbare temperatuur -15grade!!! Daardie aand het Jasper by Aster se ma gaan kuier en ons het heerlik gekuier en opgevang wat ons in die 12 jaar na skool gemis het! Ek en Aster was ook koshuismaatjies al van Standard 2 af!
Hulle het ons vir die dag Chicago toe gevat waar ons fotos geneem het by die bekende Jellybean wat reflekteer en toe is ons na die national museum of nature and industry. 'N baie interessante interaktiewe museum waar hul wys hoe natuurstorms soos tornados en tsunami's ontstaan, baie mediese dinge, noem dit, dit was daar. Voor ons ons vlug gevang het New York toe, het ons ons kuier in Chicago afgesluit by die bekende IHOP, International House of Pancakes! Die lekkerste ontbyt restaurant wat bestaan! Ook maar goed daar is nie van hulle in Suid-Afrika nie, ek sou heeltemal te veel daar gaan eet het!
Dankie Aster en Bobby vir die kuiertjie by jul!
- comments